Ons het die oulikste reeks lewende boeke ontdek – Natuurbiblioteek. Wel ons kon nog net 2 van hulle in die hande kry, Die Eekhoring en Die Krimpvarkie. Ons het ‘n rukkie terug ‘n skootboek oor die eekhoring gedoen. En nou een oor die Krimpvarkie. Die storie is so geskryf dat mens soveel oor die diertjies leer. Dan sluit die boek verder af met nog interessante feite oor krimpvarkies. Vir ons knaap was dit vreeslik interessant dat hulle selfs slange kan doodmaak en eet. Terwyl ons pop nie gedink het dat hulle kon swem nie.
Hierdie was sommer ‘n lekker rustige skootboek vir die einde van die jaar. Die kinders het klei krimpvarkies gemaak met spaghetti penne (duidelik was ons oudste nog half verlep van ‘n verkoue). Hulle het ook krimpvarkies geknip uit papierborde en ‘n krimpvarkie legkaart gebou. Hulle het krimpvarkies gemeet en ‘n doolhof voltooi.
Ons het ook geleer waar hulle in Suider-Afrika voorkom. Verder het ek ‘n paar elemente uit ‘n bestaan lapbook van Homeschoolshare vertaal en die raampie gebruik waarin hulleself iets interessant kon skryf. Die Afrikaanse mini-boekies kan hier afgelaai word – krimpvarkie vrae.
Wow, baie mooi gedoen.
Dis nou alles pragtig.Ek verlang sommer na die dae toe my kinders nog klein was.Jy klink na ‘n baie oulike ma!
Dankie. Ai, ek probeer die meeste maak van die spesiale tyd saam met hulle. As ek sien hoe die 7 jaar gevlieg het, weet ek hulle gaan groot wees lank voor ek reg is daarvoor.