Die een vraag wat ek konstant kry vandat die Somme(r) Pret reeks beskikbaar is is vir watter graad is die verskillende boeke geskik.
Ek het met opset geen graad aan elke boek gekoppel nie. Die idee agter die Somme(r) Pret reeks is om wiskunde lekker te maak vir kinders. Kinders moenie ‘n boek gebruik en dink “ek moet” alles kan doen of dat dit eintlik op jonger kinders gerig is nie. Dit is veronderstel om pret te wees, om vir kinders te wys dat wiskunde nie vervelig is nie.
Elke boek het egter ‘n klompie vaardighede in wat op ‘n spesifieke graad gemik is. Dit is egter die vaardighede wat kinders teen die einde van ‘n graad behoort te bemeester. Aan die begin van die jaar gaan ‘n graad 1 dus nog die boek gemik op graad 1 vaardighede uitdagend vind.
Verder is Somme(r) Pret daar om kinders te help om basiese vaardighede op ‘n prettige manier in te oefen. Moet dus nie vas kyk in die graad nie!!! As jou kind graag wil oefen om vinnig somme te maak, sodat hulle makliker deur hulle skool wiskunde kan werk, gaan die boek gemik op ‘n vorige graad (of selfs 2 grade) hulle juis help om dit te doen. Kyk dus eerder na watter vaardighede jou kind nodig het om te verbeter, as in die betrokke graad.
Elke boek in die reeks het ook aktiwiteite in wat nie binne die kurrikulum val nie en wat daarop gemik is om probleem oplossing aan te moedig. Indien ‘n aktiwiteit nog te uitdagend vir jou kind is, gaan hulle waarskynlik oor ‘n maand of 3 dit toe oë kan baas raak.
Wiskunde het ontwikkelings mylpale net soos wat kruip, loop ens het. Elke kind gaan nie op presies dieselfde ouderdom dieselfde goed bemeester nie. Hou dit in oog wanneer jy besluit watter boek meer geskik vir jou kind gaan wees.
Vir ‘n graad 2 kry dus eerder die graad 1 boek as die graad 3 boek (buiten as jy weet jou kind se wiskunde vaardighede is bo gemiddeld en dat hulle smag na ‘n groter uitdaging).
Met dit alles in ag geneem. Hier is die graad riglyn vir elke boek (onthou dat dit eind jaar riglyne is en nie begin van die jaar riglyne nie):
- Somme(r) Pret Begin is vir 5-6 jariges. Dit fokus op tel, getalbegrippe en ander basiese vaardighede waarop wiskunde van graad 1 af gebou word.
- Somme(r) Pret 1 bevat graad 1 vaardighede (oa. optel en aftrek in die getalgebied 0-20)
- Somme(r) Pret 2 bevat graad 3 vaardighede (oa. optel en aftrek in die getalgebied 0-100, maaltafels van 1 tot 5 en 10.) – Daar is heelwat in Somme(r) Pret 2 wat graad 2 kinders sal geniet, maar omdat hulle nog die 3 en 4 maaltafels geleer het nie is daar aktiwiteite in wat hulle nog nie sal kan doen nie.
- Somme(r) Pret 3 bevat graad 6 vaardighede (oa. optel en aftrek in die getalgebied 0-999, maal en deel tot die 12 maaltafel en breuksomme) – Daar is heelwat in Somme(r) Pret 3 wat graad 4 en 5 kinders sal geniet, maar omdat hulle nog net maaltafels tot 10x doen en eenvoudiger breuksomme is daar aktiwiteite in wat hulle nog nie sal kan doen nie.
Ek hoop dat die uiteensetting julle ‘n beter idee sal gee van watter boek jou besondere kind sal geniet.
NS. Die Somme(r) Pret reeks is tans net digitaal in PDF beskikbaar, sowel as pret pakke vir graad R tot 4. Laai die katalogus van digitiale produkte af of stuur ‘n e-pos aan info@lomi.co.za vir meer inligting
Haai, ek wil graag een elk van no.2 en 3 koop asb.
Dankie Elize, jy kan die bestelvorm aflaai by https://lomicreations.files.wordpress.com/2016/06/pdb-bestelvorm-lr.pdf of stuur vir my ‘n e-pos na info@lomi.co.za en ek stuur dit vir jou aan.