Simptoom of oorsaak

Oral waar ek deesdae kom hoor ek dieselfde storie. Dat kinders stelselmatig swakker motories geraak het oor die laaste klompie jare. Dat hulle nie meer liggaamsbewustheid het nie. Van onderwysers tot afrigters, terapeute tot dokters, almal tel dieselfde tendens op. En die probleem spoel oor na soveel ander gebiede: skoolgereedheid, konsentrasie, fynmotoriese vaardighede soos skryf ens.

Dikwels word die vinger gewys na skermtyd as die oorsaak van die probleem. Ek het egter ‘n vermoede dat skermtyd eintlik net die pleister, die medikasie is wat geplak word oor die eintlike probleem. Dis soos om ‘n panado te drink vir ‘n hoofpyn en dan te kla dat die panado jou hardlywig gemaak het. Die eintlik probleem was die hoofpyn. Die panado was die kitsoplossing om dit aan te spreek en het toe ongelukkig die newe-effek van hardlywigheid gehad.

Net so gebruik ons skermtyd om ander probleme te probeer oplos. Ongelukkig net soos medisyne kom dit met ‘n klomp newe-effekte. Sommiges kan dit gebruik sonder veel newe-effekte, ander sit met elke newe-effek denkbaar. Maar die eintlik probleem bly onopgelos.

Ek dink ons plak die skermtyd pleister oor 2 ander probleme. Daar is waarskynlik nog, maar daar is 2 wat ek baie sien.

Die eerste is vrees. Ons lewe in ‘n tyd waarin ons konstant bang is vir ons kinders se veiligheid. Kinders kan nie meer in die straat speel saam met maats nie, hulle stap nie meer skool toe nie, ry nie meer fiets kafee toe nie. Dis bloot net nie veilig nie. Soos my suster gesê het as volwasse vrou sal jy nie eers meer alleen iewers heen stap nie. En sien jy iemand alleen draf of fiets ry dan wonder jy of hul reg wys is.

Die vrees strek egter verder as dit. Oral lees ons van die “gevare”. Kinders wat seer gekry het op ‘n trampolien, of op ‘n klimraam. Van ‘n fiets ongelukkig of swembad verdrinking. En skielik klink dit net veiliger om hulle in die huis toe te maak en voor ‘n skerm besig te hou. Hoeveel van ons het in elk geval nog deesdae ‘n groot erf waar ons kinders agter hoe mure en hekke kan speel?

Die tweede is die malle gejaag wat deesdae die norm geword het. Ons het net nie meer tyd nie! Ons jaag van een ding na die ander. Ons kinders jaag van die een aktiwiteit na die ander. Daar is bloot net nie meer tyd om vir ure bloot te speel nie. Die tyd wat ons het spandeer ons in ‘n kar op pad iewers heen. En weereens plak ons die skermtyd pleister op om dit net draaglik te maak.

Tog spreek ons nooit die werklik probleem aan nie. Ons kom nie tot stilstand en maak tyd vir speel nie. Ons probeer nie ‘n veilige omgewing vind waar ons kinders ELKE dag kan speel en hul liggame ontwikkel en leer ken nie. En die pleisters van terapie en ekstra klasse wat ons op die gevolg plak vererger net die eintlik probleem.

Ek wens ek het geweet hoe ons weer ‘n veilige omgewing en tyd kan skep waar ons kinders net kan kinders wees en fisies en emosioneel ontwikkel soos hul moet. Tog dink ek elkeen van ons wat, al is dit op hoe ‘n klein manier, ‘n plekkie en tydjie oop baklei vir speel ‘n sprankie hoop bring. Dat dit ‘n verskil maak in ‘n kind se lewe. Ons kan nie bly aanhou om die “kopseer” net met panado te behandel nie. Ons moet die oorsaak gaan soek en aanspreek.

Categories: Ouerskap, Uncategorized | Sleutelwoorde: | 1 Kommentaar

Artikel navigasie

One thought on “Simptoom of oorsaak

  1. Me, me, me!!

    Ek soek graag die inkleur grid pdf!

    Dankie Lizelle!

    Janet

Laat 'n boodskap na janetkies Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: