Karnivoriese kaktus

My knaap is versot op tuin maak en met die waterskaarste saam het baie van die tuin maak verskuif na vetplante. Hy het al vir ‘n klompie jare ‘n mooi versameling vetplante.

Die week blom een van die kaktusse vir die eerste keer. Ons hou nou al oor ‘n paar weke die blomkoppe dop en wonder hoe die blomme gaan lyk. Woensdag begroet die pragtige pienk blom ons.

Die vreugde was egter van korte duur, want Donderdag ontdek die kinders ‘n skoenlapper binne die blom. Dit lyk eers of die skoenlapper vas sit, maar soos die dag vorder besef ons dis nie toeval nie. Die kaktus het met opset die skoenlapper gevang.

Eers het dit stempel/stamper ingetrek om die uitgang van die skoenlapper te verhinder, toe het die meeldrade (noem mens dit meeldrade as die blom karnivories is?) om dit toe gevou en uiteindelik het die kroonblare ook op dit toegemaak. Die ontsteltenis hier was groot! My meisiekinders wou net met mag en mening die skoenlapper red.

Teen Saterdag het die blom begin verwelk. Nou wag ons met opgehoude asem om te sien wat die volgende klompie blomme wat op pad is gaan vang.

20194-001

Foto’s:

Die boonste ry van links na regs: Die blomkop voor dit oopmaak, die blom voor sy vangs en dan die laaste 2 foto’s van die skoenlapper in die blom gevang

Die onderste ry van links na regs: Die gevange skoenlapper van naby, die kroonblare wat toe gevou het, die toe blom op die dag na die vangs, 2 dae na die vangs begin die blom verwelk.

NS. Ek het geen idee watter tipe kaktus dit is nie.

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Artikel navigasie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: