Op ons boekrak 2019

IMG_8617

Ek kan nie glo dat nog ‘n jaar met al sy heerlike stories vinnig besig is om tot ‘n einde te kom nie. Elke jaar wonder ek of ons nie al die bron van goeie boeke uitgeput het nie, net om nog skatte te ontdek!

Die jaar het ons ‘n bietjie meer Engels ook in geglip, omdat ek my 10 en 12 jarige se Engelse woordeskat wil bou. Tog geniet ek dit steeds meer om in Afrikaans vir my kinders te lees.

(Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2018 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke.)

Alhoewel ons 6 jarige dit nog geniet om prenteboeke te lees sluip daar al langer stories in. Voor ek by die kom, wil ek net noem dat ons gunsteling prenteboek vir die jaar beslis Hoe om ‘n haas te vang deur Claire Freedman was.

Die boeke wat sy geniet het die jaar was (en ja, gewoonlik sit die oudste 2 saam en luister as ek vir haar lees, want hul geniet steeds die stories):

Wannie van die woonstel – Annie MG Schmidt
Ben – Oliver Scherz
The house at Pooh corner – AA. Milne
Kleuterland – Helena JF Lochner
Professor Fossilus en die dinosourusse – Louise Smit
Dino-wêreld: Aanval van die akkediskoning – Rex Stone
Dino-wêreld: Stormloop van die driehoring-monster – Rex Stone
Dino-wêreld: Mars van die gepanserde reuse – Rex Stone
Dino-wêreld: Vlug van die pterosourus – Rex Stone
Dino-wêreld: Vang die dief – Rex Stone
Dino-wêreld: Hier kom die reuse reptiele – Rex Stone
Tot siens, Vos en Haas – Sylvia Vanden Heede
Prinses Klara en die krokodil – Laura Amy Schlitz
Heidi – Spyri

Dit bly vir my ongelooflik hoe baie ons kan leer deur stories. Stories omskep droë feite in ‘n wêreld van mense en hul ervarings. Die jaar het dit net so gebeur dat ons heelwat gelees het oor die begin dae in die kaap en oor die eerste en tweede wêreld oorloë.

Ons boeke vir jaar was:

Klein Hollywood – PH Nortje
Lig in die donker – Karl Schoeman – Die lewe van Rembrandt van Rijn
Caravel to the Cape – Eve Merchant – Bartolomeu Dias se ontdekkingstog rondom die Suid-punt van Afrika in 1488
Stowaway to nowhere – Jenny Seed – Speel af in die tyd van Jan van Riebeeck en die bou van die fort
Safari – Sangiro – Jag in oos afrika
Die vlugteling Andre de la Fontaine – Japie Coetzee – Speel af in die tyd van WA van der Stel in Stellenbosch.
Place among the stones – Jenny Seed – Die beleg van Mafikeng van Oktober1899-Mei 1900 tydens die Anglo-boere oorlog
Going Solo – Roald Dahl – sy outobiografie (2de wêreld oorlog)
Die Nagberg – Grobbelaar – Eerste Vryheidsoorlog, Louw Wepener
Boy – Roald Dahl – sy outobiografie oor kinderjare
Die Sirkus kom – Noel Streatfield – Oor die lewe in die sikrus
Oorlogsperd – Michael Morpurgo – Die eerste wêreld oorlog soos gesien deur die oe van ‘n perd
Op ver paaie – PJ Schoeman
Boris – Jaap ter Haar – Die beleg van Leningrad tydens die Tweede wêreld oorlog
Sergei – Sergei Kourdakov – Die ware verhale van hoe ‘n kommunis jeug leier, wat eers Christene vervolg het, uit Rusland ontsnap het in 1971 en ‘n evangelis geword het om die ondergrondse kerk in Rusland te help bevorder

Categories: Graad 4, Graad 6, Graad R, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

Artikel navigasie

2 thoughts on “Op ons boekrak 2019

  1. Terug pieng: Hoogtepunte van 2019 | Lomi

  2. Terug pieng: Die wonder van lewende boeke | Lomi

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: