Lees jy vir jou kind?

Die vorige week is ek by ‘n wiskunde opleiding sessie en die ding waaroor die laerskool onderwysers die bekommerdste was is kinders se spelling!

Hulle ondervinding is dat kinders hulle nie behoorlik agter die maskers kan hoor nie en dan die woorde spel soos hulle dit hoor. Die eintlike groot probleem is dat kinders nie meer genoeg behoorlike taal hoor nie! Selfs voor Covid was dit ‘n probleem, maar nou het dit eksponensiaal toegeneem.

Kinders spandeer nie net ‘n groot deel van hul dag by die skool waar almal agter maskers mompel nie. Naskool gaan dit voort by sport, buitemuurse aktiwiteite, in winkels en op uitstappies. Hulle word dus vir baie beperkte tyd blootgestel aan hoorbare taal. In die proses mis hulle ook nog uit op nie-verbale kommunikasie.

Dit het dus krities belangrik geword dat ouers besef dat hulle tyd sal moet maak om hul kinders se taal ontwikkeling te bevorder. Niemand van ons kan meer terug sit en hoop dat dit elders gaan plaas vind nie. Dit is immers net tuis waar ons kinders maskerloos kan kommunikeer.

Die maklikste manier is om elke dag vir jou kind voor te lees. Ja, selfs vir jou hoërskoolkind, want hulle wêreld het net so gestroop geraak van goeie taal. Die navorsing wys al jare lank dat 1 uur van voorlees elke dag vir kinders ‘n reuse voorspong gee. Nie net bou dit hul woordeskat en taal wat baie belangrik is vir lees begrip nie, maar dit ontwikkel ook wiskundige begrip en empatie. Daarby groei hul algemene kennis en spandeer jul nog kosbare tyd as gesin saam ook. Selfs al kan jy as ouer elke dag net 10 minute vir jou kind voorlees gaan dit ‘n verskil maak. Elke bietjie help!

Gelukkig is daar ook oudioboeke daar buite wat kan help om ons kinders se ore te vul met goeie taal. Daar is vele opsies in Engels, maar selfs in Afrikaans is daar hulp vir moeë ouers. https://Luistervinkstories.co.za is een bron van oudiostories wat ouers kan inspan.

Daar by kies wys jul naweek aktiwiteite om eerder die tyd te spandeer waar kinders normaal kan kommunikeer en nie agter ‘n masker hoef weg te kruip nie.

Categories: Ons lees | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Artikel navigasie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: