Besige vakansie

Ek is baie agter om alles te deel wat ons laas jaar gedoen het. Hopelik kom ek nog daarby uit. Verlede jaar was ek baie besig om my grondslagfase wiskunde program reg te kry vir die mark. Vyf jaar se werk is stadig maar seker besig om tot ‘n einde te kom.

Hierdie vakansie is daar hard gespook om die transkripsie opnames en video’s te skep. Ja, ek is ‘n slawe drywer en moes baie gunste inroep om die program verbruikers vriendelik te kry. Dit terwyl meeste mense hul jaarlikse wegbreek gemaak het.

Ons vorder egter goed en, as die tegnologie saam speel, hoop ek om die platform teen die einde van die maand reg te hê vir gebruikers. Die een helfte van my is ongelooflik opgewonde en die ander helfte vreesbevange!

Ek moet begin om te sê dat die program beslis nie is vir diegene wat ‘n skedule soek wat vir jou elke dag se beplanning doen en jy bloot inval en dit doen nie. Ek glo daar is heelwat programme en verskaffers wat reeds produkte het om aan daardie behoefte te voldoen.

My program is daar vir mense wat hul kinders meer organies wil leer. Wat die vryheid wil hê om elke dag self in te rig en teen hul kind(ers) se eie pas te beweeg. Dit bied wel vir jou ‘n valskerm om te verseker dat jou kind al die nodige leerareas in wiskunde gedek het, maar dis jy wat bepaal wat wanneer gedoen word en of julle alles of net van dit gaan doen.

Die program volg ook nie ‘n spesifieke kurrikulum nie. Ek het deur 3 kurrikula gewerk en daaruit die leerareas gehaal om te verseker dat ‘n kind die basiese dek en vir die intermediêre fase na enige van die programme sal kan oorskuif. Die kurrikula waarna ek gekyk het is KABV (CAPS), die Amerikaanse Common Core en Britse Cambridge.

Die eerste deel van die program bemagtig ouers om hul kinders se wiskunde ontwikkeling beter te verstaan en te weet watter struikelblokke hulle voor moet uitkyk. Ek hoop dat dit die vrees uit wiskunde sal haal en dit ‘n meer toeganklike vak sal maak wat ouers en kinders saam kan geniet.

Daar is geen formele assessering ingesluit nie. Ek wys jou wel hoe jy op ‘n informele manier assessering kan doen om vas te stel hoe jou kind vorder en wat hul tot watter mate bemeester het.

Die program is ook nie papier gebaseer nie. Daar is nie bloot ‘n werkboek wat julle elke dag net mee kan aangaan nie. Daar is wel 172 prettige werkvelle wat julle kan inspan. Die hoof fokus is egter om deur aktiwiteite en speletjies wiskunde te ontdek en vas te lê. Die ouer gaan dus “hands-on” betrokke moet wees om waarde uit die program te kry. Jy gaan self kies watter aktiwiteit, speletjie of werkvel julle gaan inspan.

Die program is ook nie per graad beskikbaar nie. Dit is ‘n geheel van die 4 grade waaroor die grondslagfase strek. Die rede daarvoor is dat die leerareas ‘n geheel vorm en kinders dikwels nodig het om hersiening van ou konsepte te doen, maar ook die uitdaging van moeiliker konsepte geniet. Hulle hoef nie in ‘n graad vas gevang te word nie. Die bonus daarvan is dat kinders van verskillende ouderdomme in ‘n gesin saam kan leer. Alhoewel die program vir graad O tot 3 is is daar beslis aktiwiteite en speletjies wat aangepas kan word om ouer of jonger kinders ook in te sluit.

As jy egter ‘n ouer is wat op ‘n natuurlike manier saam met jou kinders leer en ontdek behoort julle die program te geniet.

Hou die spasie dop. Hopelik kan ek nog in Januarie die program vrystel.

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | Lewer kommentaar

Artikel navigasie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: