Author Archives: Manewales

About Manewales

Ek is 'n ma van 3 woelige spruite wat graag al hul manewales met julle deel. Hulle bring elke dag 'n tikkie sonskyn in my lewe. In my vrye tyd tel ek graag 'n hekelpen op en geniet elke nuwe hekel uitdaging. Kom volg gerus ons avonture op die tuisonderwys pad en dit wat my hekel mandjie vol lê. Laai gerus van my gratis drukstukke af vir persoonlik gebruik. Of loer in op die produkte blad na wat ek alles smous.

Graad 4 tot 7 produkte

Ek het nou al gefokus op die voorskoolse en grondslagfase produkte wat ek beskikbaar het. Vir graad 4 tot 7 het ek nog nie so baie geskep nie. Die afdeling behoort stelselmatig te groei (2 van my kinders is immers tans in die grade).

Selfs met die ouer kinders is dit altyd belangrik om terug te keer na konkrete werk as hulle met nuwe konsepte begin. Moet dus nog nie die konkrete apparaat (soos tellers, blokkies en krale) wegpak nie!

In my Somme(r) Pret reeks is Somme(r) Pret 2 en 3 beskikbaar vir die grade. Dit bevat 30 wiskunde aktiwiteitsbladsye en kos R40. Dit is ook beskikbaar in Engels as “Number Ad(d)venture 2/3”

Die Ridder en Prinses Pret­pakke bevat elk 8 aktiwiteite vir graad 4. Die twee pret­pakke se aktiwiteite is dieselfde, die tema verskil net om dit meer geskik te maak vir seuns of dogters. Dit bevat optel en aftrek, maalsomme, ‘n grafiek, breuke, patroon ontwikkeling, posisie in ‘n rooster, omtrek en oppervlak aktiwiteite. Dit kos R8 elk

Die Robot Pret Graad 5 bevat 9 aktiwiteite (met antwoordstel). Dit bevat basiese berekeninge, breuke, koördinate, wins en verlies, volume, oppervlak, omtrek en ‘n logika probleem. En kos R9.

Robot graad 5 vb

Pret met getalle bevat 8 speletjies vir 2 of meer spelers om optel / aftrek/ maal somme mee te oefen. Jy kies self aan watter vaardigheid julle wil werk. Die speletjies maak gebruik van 4 draaiers (spinners) om getalle tot 5, 6, 10 en 12 onderskeidelik kan draai. Gebruik die 5 en 6 draaiers vir jonger kinders wat nog met kleiner getalle werk vir optel/aftrek/maal en die 10 en 12 draaier vir ouer kinders wat al met groter getalle kan werk. Die pak sluit ook flitskaarte in wat in die plek van die draaiers of dobbelstene gebruik kan word. Al die wonderlike idees vir net R5
Pret met getalle vb

Speel­-Speel Maaltafels bevat 4 speletjies om maaltafels mee te oefen. Die eerste 2 vir tafels tot by 6×6 (dobbelsteenspeletjies). Die 3de speletjie maaltafels tot by 12×12. En die 4de speletjie vir tafels van 3x tot 9x tafels. Dit kos R6 en is ook beskikbaar in Engels.Speel-speel maaltafels vb

Meeste maaltafels in ‘n ry bevat 10 bladsye om 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en 11 maaltafels tot by 10x te oefen en kos R6. Dit is ook beskikbaar in Engels.

langste maaltafel

Maaltafelparkering bevat ‘n speletjie om maalsomme van 2X2 tot by 7×7 te oefen. Druk die dobbelsteen en parkeerarea (9 bladsye) uit en parkeer speelgoedkarretjies op die antwoord van die maalsom. Dit kos R5 en is ook beskikbaar in Engels.
parkering-voorbeeld1.png

Gratis om af te laai is die 2 spoedtoetse. Die idee is om te kyk hoe vinnig en/of akkuraat ‘n kind 10 somme op ‘n slag kan doen. Dit is vir kinders wat van kompetisie hou en graag hul eie tyd wil verbeter. BAIE BELANGRIK – moet asseblief nie die gebruik as jy ‘n kind het wat reeds angstig is oor wiskunde nie!!! Wiskunde angs (Maths anxiety) is een van die groot dinge wat kinders in wiskunde pootjie en spoedtoetse is dikwels die begin van die probleem. Moet ook nie aanhou om dit te gebruik as jy sien jou kind raak angstig daaroor nie.

getal vd dag 3 voorbeeld

My kopieerboek: Drukskrif is 45 bladsye met kopieerwerk en aktiwiteite om drukskrif te oefen. Dit bevat onder andere teksverse, gedigte van Leipoldt, woordsoorte, Suid­Afrika se provinsies, en maande sowel as aktiwiteite soos doolhowe, teken en prente
kopieer, patrone uitbrei en inkleur. Vir ouer kinders wat reeds lettervorming geleer het en hul drukskrif wil verbeter. Dit kos R30.

drukskrif vb1

My kopieerboek: Lopende skrif is 55 bladsye met kopieerwerk en aktiwiteite om lopende skrif te oefen. Dit bevat onder andere teksverse, gedigte van Leipoldt, meer gevorderde woordsoorte, Suid­Afrika se tale en simbole, planete en boeke van die Bybel sowel as aktiwiteite soos doolhowe, teken en prente kopieer, patrone uitbrei, woordsoek en inkleur.  Dit kos R37

Lopendeskrif 1

Vir ‘n volledige katalogus van produkte gaan na: Lomi katalogus Afrikaans Julie 2019 of Lomi catalogue English.  Of kontak my by info@lomi.co.za

Categories: Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

Grondslagfase produkte

Ek het reeds met julle gedeel watter produkte ek tans vir voorskool beskikbaar het. Vandag wil ek fokus op dit wat beskikbaar is vir graad 1 tot 3. Konkrete leer bly ongelooflik belangrik vir die ouderdom kinders. Moet dus nie te veel op werkvelle fokus nie en hou altyd apparaat (soos tellers, blokkies, krale) naby om mee te werk. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Gratis drukstukke, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,, | 1 Kommentaar

Kinders en die Bybel

Seker ‘n goeie 6-7 jaar terug het ek met ‘n vriendin gepraat oor my frustrasies met Kinderbybels. Ek was toe al redelik moeg om dieselfde paar stories oor en oor vir my kinders te lees. Haar raad, waarvoor ek nou nog dankbaar is, was dat ek vir hulle uit die regte Bybel begin voorlees. Dat ek verbaas gaan wees oor hoeveel hulle wel verstaan. Lees voort

Categories: Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoordw: | Lewer kommentaar

Karnivoriese kaktus

My knaap is versot op tuin maak en met die waterskaarste saam het baie van die tuin maak verskuif na vetplante. Hy het al vir ‘n klompie jare ‘n mooi versameling vetplante.

Die week blom een van die kaktusse vir die eerste keer. Ons hou nou al oor ‘n paar weke die blomkoppe dop en wonder hoe die blomme gaan lyk. Woensdag begroet die pragtige pienk blom ons. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

Die nadele van tuisonderwys

Mense is dikwels op soek na die nadele van tuisonderwys. Hulle soek gewoonlik op die verkeerde plekke. Hulle dink aan goed soos sosialisering, akademie, nagraadse studie, werk eendag… Dis nie waar die haakplekke lê nie.

Maar alles in die lewe het voor en nadele. So hier is ‘n paar van die nadele  vir die wat nog wonder of hulle wil tuisskool of nie. Lees voort

Categories: Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,, | 2 Kommentaar

Hoekom doen ons dit anders?

Een van die eerste vrae wat mense seker altyd vra oor tuisonderwys is hoe beweeg kinders deur grade (die eintlike vraag wat hul wil vra is hoe assesseer jy jou kinders) of watter kurrikulum volg jul om al die vakke te kan dek (die eintlike vraag is hoe weet jy jou kinders is op “standaard”?). Dis nou na hulle eers oor die hele sosialisering mite gekom het.

Dis moeilik om vir mense te verduidelik wat ons presies doen en nog moeiliker vir hul om te verstaan dat die skool metode nie die enigste antwoord is. Ek kan hulle nie kwalik neem nie. Ek het self oor dieselfde dinge gewonder toe ons die pad oorweeg het. Ons is almal immers deur ten minste 12 jaar van “die stelsel” en om buite dit te dink en beweeg is ‘n reuse sprong in die onbekende in. Om nie te praat daarvan dat dit ‘n pad is wat mens in die donker moet oop voel nie. (En ‘n hele paar keer jou tone stamp) Lees voort

Categories: Tuisonderrig | Sleutelwoordw: , | 1 Kommentaar

‘n Goeie ma is ‘n lui ma

Ek hoor al hoe van julle julle asems geskok intrek. Nee, ek bedoel nie ‘n goeie ma is ‘n “lady of leasure nie”. Maar ‘n goeie ma weet wanneer om “lui” te wees en haar kinders iets self te laat doen.

Om lewensvaardighede baas te raak het kinders nodig om dit te doen, om dit te oefen. Jy kan nie leer swem deur ‘n handleiding oor swemtegnieke te lees nie. Jy het nodig om in ‘n swembad te klim en te oefen om te swem. Gaan jy lê dat iemand jou opereer wat nog net ‘n mediese handboek gelees het daaroor? Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Ouerskap, Uncategorized | 2 Kommentaar

Voorskool produkte

So stadig maar seker groei die elektroniese produkte wat ek skep. Ek het gedink dit is dalk tyd om dit bietjie te orden en aan julle bekend te stel.

Vandag wil ek fokus op dit wat vir voorskool (voor graad 1) beskikbaar. Ek wil vir die ouderdomsgroep egter waarsku dat konkrete leer nog belangriker is as vir ouer kinders. Moenie te veel op werkvelle en by-die-tafel-leer fokus nie. Lees voort

Categories: Uncategorized, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,, | 2 Kommentaar

Simptoom of oorsaak

Oral waar ek deesdae kom hoor ek dieselfde storie. Dat kinders stelselmatig swakker motories geraak het oor die laaste klompie jare. Dat hulle nie meer liggaamsbewustheid het nie. Van onderwysers tot afrigters, terapeute tot dokters, almal tel dieselfde tendens op. En die probleem spoel oor na soveel ander gebiede: skoolgereedheid, konsentrasie, fynmotoriese vaardighede soos skryf ens.

Dikwels word die vinger gewys na skermtyd as die oorsaak van die probleem. Ek het egter ‘n vermoede dat skermtyd eintlik net die pleister, die medikasie is wat geplak word oor die eintlike probleem. Dis soos om ‘n panado te drink vir ‘n hoofpyn en dan te kla dat die panado jou hardlywig gemaak het. Die eintlik probleem was die hoofpyn. Die panado was die kitsoplossing om dit aan te spreek en het toe ongelukkig die newe-effek van hardlywigheid gehad. Lees voort

Categories: Ouerskap, Uncategorized | Sleutelwoordw: | 1 Kommentaar

Keuses

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat gure weer ons dikwels in die huis vasdruk. En dan is daar die pragtige sonskyndae soos vandag.

Dit is hierdie dae wat altyd ‘n twee stryd in my skep. Die kinders wil buite speel en in die tuin werk. Die sonskyn in drink. Maar dit was nie my plan vir die dag nie. Daar was werk wat gedoen moet word. Wiskunde en leer wat wag. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Blog at WordPress.com.