Hekel

Gehekelde tutu rokkie

Die laaste wat ek regtig kans gehad het vir hekel was die stel vir ons jongste se inseëning. Sy is een van daardie rare babas waar mens meer tyd vir sulke dinge gehad het toe sy ‘n maand of 2 oud was, as toe sy ‘n jaar was. Ek moet by sê ek het reeds met die stelletjie begin toe ek nog swanger was en het dit net in daardie eerste weke klaar gemaak.

JKN_0096 DSCF4898

Lees voort

Advertisements
Categories: Hekel | Sleutelwoordw: ,,, | 4 Kommentaar

Hekel klere

Laas jaar het ek vir ons Pop ‘n blou toppie gehekel (My eerste aanpassing van ‘n patroon). Dit was die eerste klere wat ek vir die twee gemaak het. Toe het my eerste eie skepping, 2 “jassies” gevolg, ‘n bonte en ‘n perse. Dis eintlik die bont jassie wat die begin was van Lomi Creations en die blad.  Sien die PlayBall juffrou het die gesien en wou toe ook een hê. Dit het my aan die dink gesit en nou hekel ek te lekker vir enige iemand wat ietsie anders wil hê. Lees voort

Categories: Hekel | Sleutelwoordw: , | 2 Kommentaar

Tannie Anna kombers

Ek hou daarvan om ‘n kombers hier op die kantlyn te hê waaraan ek kan werk. Daar is altyd so ‘n stilte tussen die ander projekte deur en dan is dit lekker om ‘n deur lopende projek te hê. Ek kan die dan net optel en gou bietjie werk.

Ek was egter lus vir iets anders. Ek ontdek toe een van my eie babakomberse waarin ek nog gedoop is en besluit ek gaan die patroon aanpak. Dit is iets besonders. Die kombers is jare terug nog deur my tannie Annalize Schreuder gehekel. Na haar beroerte sal sy nooit weer so ‘n kombers kan aanpak nie. Ek deel dus graag met julle die patroon. Lees voort

Categories: Baba, Hekel | Sleutelwoordw: ,, | 7 Kommentaar

Gehekelde juwele

So tussen deur alles is ek ook besig met ‘n nuwe reeks gehekelde juwele vir Lomi Creations. Dis een van my oulike vriendinne wat my die gedagte gegee het. En sjoe, is dit nou nie pret nie! Plus in die hitte is dit heelwat makliker om te hekel as ‘n kombers!

Ek het nou al ‘n hele paar oulike goedjies vir kinders en vroue gemaak en verder snuffel ek oral rond vir oulike patrone. Natuurlik met die soektogte saam het ek al ‘n paar van my eie patrone uitgedink.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Hekel | Sleutelwoordw: | 2 Kommentaar

Hekel uitdaging

Jare terug het ‘n kollega en goeie vriendin my leer hekel. Vir lank het ek net vir myself en vriende/familie gehekel. En toe die kinders eers die huis vol gehol het is die hekelnaald net uit gehaal as daar ‘n spoegdoek om gehekel moes word.

Vroeër die jaar pak die hekel lus my egter weer beet. (Miskien is die kinders besig om te vinnig groot te word). Eers hekel ek vir die kinders musse en haarbande vir Salomie. Toe soek ek nog goed om te hekel en die basaar slaan ‘n slag. Daarna volg jasse vir my, Salomie en die Playball juffrou en ‘n geskenk vir ‘n vriendin of twee. Maar toe hardloop ek uit idees. Teen die tempo gaan die huis vol hekelgoed wees en die stokperdjie raak duur! Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Hekel | 1 Kommentaar

Blog at WordPress.com.