Ons het “Die Singende gras” deur Freda Linde gelees en vreeslik baie geniet. Die storie speel in Suidwes (Namibie) af en dit was ‘n ideale kans om meer oor kamele te leer. Lees voort
skootboek
Kameel skootboek
Eekhoring skootboek
Hier is so baie boomrotte, ag ek bedoel eekhorings, wat elk dag in ons tuin rond baljaar dat dit seker onvermydelik was dat ons een of ander tyd meer oor die diertjies sou leer. Toe vind ek ook nog ‘n fantastiese lewendeboek, Natuurbiblioteek: Die Eekhoring, in ons biblioteek. Die boek vertel alles van eekhorings se gewoontes, kos, predatore en vele meer in die vorm van ‘n fassinerende storie. Ongelukkig moes ek toe ontdek dat ons biblioteek net nog een ander boek in die reeks het en dat dit op die oomblik uitgeneem is. Ek hoop van harte dat ons nog van die boek in die hande sal kan kry! Lees voort
Gimnastiek skootboek
Tydens die Statebond Spele was my 2 gimnasies vasgenael voor die TV. Ons Pop was versot op al die blink leotards! Lees voort
Vel en hare skootboek
So ‘n rukkie terug het ons ons eerste skootboek (lapbook) aangedurf. Ons Pop wou meer weet van “Hare”, so dit het soos ‘n lekker manier geklink om meer van die te leer. Ek het op ‘n oulike Skootboek oor die menselike liggaam af gekom by http://www.homeschoolshare.com/human_body.php en toe die goedjies waarvan ons wou leer daaruit aangepas/ver-Afrikaans. Die eenheid gebruik “Blood and Guts” van Allison, wat ek reeds gehad, omdat dit ook gebruik word in Konos volume 3. Ek moes natuurlik ‘n paar goedjies by werk, omdat ons net op ‘n klein deeltjie van die eenheid gefokus het. Lees voort