Meer oor Lomi

Gedurende die afgelope 15 jaar het ek die wêreld herontdek deur my kinders se oë. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat kinders in ‘n organiese manier kan leer. Dat die manier waarop ons skool gegaan het nie die enigste opsie is nie.

Hier deel ek ons manewales en hope gratis hulpbronne. Ek het ook Somme(r) Pret, ‘n wiskunde aktiwiteitsreeks, en wiskunde pretpakke ontwikkel waarvan die doel is om wiskunde meer pret te maak. Buiten die wiskunde sluit my produkte ook kopieerboeke en ‘n eboek, wat die storie vertel van hoe ons gesin ‘n kolganskuiken groot gemaak het, in.

In 2022 stel ek ook ‘n Wiskunde Program bekend waarmee kinders in die grondslagfase wiskunde op ‘n meer prettige manier kan leer deur aktiwiteite, speletjies en my gewilde Somme(r) Pret werksvelle.