Description
Kinge in ‘n Bos speel af tydens die Knysna goudstormloop in die 1880’tigs. Dalene Matthee vang in die boek Saul se soek na aanvaarding (van homself en deur ander) vang en weef ‘n sterk bewarings tema in en die mens se onvermoë om dikwels te sien wat die langtermyn gevolge van hul dade is.
Daar is verskeie voorstelle in die Verryking/Skryfkuns afdeling wat sal help om meer kennis oor die area met sy fauna en flora, die delf van goud en natuurbewaring in te win.
Die studie en werkboek gekombineer bevat 181 bladsye. Dit is in nege eenhede opgedeel plus ‘n hersieningsafdeling, woordelys, tipiese spelfoute en antwoorde. Dit sal dus ‘n minimum van 10 weke neem om deur te werk, alhoewel dit waarskynlik eerder 19 weke of selfs meer in beslag kan neem. Dit sal afhang van hoeveel tyd aan die studie spandeer word en in hoeveel diepte verdere verryking gedoen word.
Elke eenheid bevat:
Verryking/Skryfkuns
Begrip
Woordeskat en Spelling
Taalleer
Diktee
Daar is ook ‘n afdeling waarin spelfoute in kategorieë geplaas kan word om die student te help om te sien waar hul foute begaan en sodoende in die toekoms spesiale aandag aan sulke woorde te kan gee.
Kyk gerus na voorbeeld bladsye uit die studie by: Kringe voorbeeld
Kinge in ‘n Bos deur Dalene Matthee is die eerste keer in 1984 gepubliseer en verskeie uitgawes en drukke daarna.
Kom delf saam en ontdek woorde wat nie meer altyd algemeen gebruik word nie. Dalene Matthee se skryfwerk is ryk aan spreektaal, uitdrukkings en lewendige beskrywings. ‘n Ontdekkingsreis in ons ongelooflike taalerfenis.
Reviews
There are no reviews yet.