Elke Robot Pret-pak bevat 10 aktiwiteite (met antwoordstel) vir graad R en 3, onderskeidelik en 9 aktiwiteite vir graad 5. Dit bevat aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede in te oefen.
Prys: R9 elk
Sou u belangstel om ‘n bestelling te plaas, vul asb. die bestelvorm in wat in die katalogus gevind kan word en stuur dit saam met u bewys van betaling, aan my by info@lomi.co.za. Vind asb. die Bankbesonderhede op die bestelvorm.
Robot Pret Graad R bevat tel, getal erkenning, patrone, na-trek, logiese denke, doolhof en inkleurprent .
Robot Pret Graad 1 bevat optel en aftrek binne 20, getal volgorde, simmetrie, grafieke, logiese denke ‘n woordsoek, inkleurprent en skrifoefening.
Robot Pret Graad 2 bevat optel en aftrek binne 50, logiese denke, patrone, simmetrie, rooster plot, posisie, ‘n woordsoek, inkleurprent en doolhof.
Robot Pret Graad 3 bevat plekwaarde, patrone, koördinate, rooster plot, veelvoude van 2’s, 5’s, 10’e en 11’s, 1 en 2 maaltafel, logiese denke, ‘n woordsoek, inkleurprent en lopende skrifoefening.
Robot Pret Graad 5 bevat basiese berekeninge, breuke, koördinate, wins en verlies, volume, oppervlak, omtrek en ‘n logika probleem.