Salomie se Storiehoekie

Salomie is 11 en het 3 groot liefdes: Gimnastiek, stories en musiek!

Salomie se storiehoekieVandat sy vroeër die jaar gehoor het dat dit moontlik is om gimnastiek kompetisies in ander lande te gaan doen, droom sy daarvan om eendag dit te doen. Intussen het sy begin spaar om dit moontlik te maak.

Met Lockdown, wat die gimnastiek tydelik op die ys was, het sy besluit om die tyd in te span om haar ander 2 liefdes te kombineer en luisterstories met liedjies te skryf. Dit is een van haar projekte waarmee sy spaar vir die groot gimnastiek droom!

Alhoewel sy meeste van die stories self skryf het sy ook haar ma en tannie al ingekatrol om stories vir haar Storiehoekie te skryf. Al die stories word deur haarself voorgelees.

Kom luister saam!

Laai haar Salomie se storiehoekie katalogus af vir beskrywings van die stories en die bestelvorm. Vir navrae kontak info@lomi.co.za.

Titel Prys
Grompot die Skepseltjie (Uittreksel)

R 6-00

Die Kuiken wat nie wou weet nie (Uittreksel)

R 6-00

Kan By dit glo (Uittreksel)

R16-00

Tornado (Uittreksel)

R10-00

Die Vierkant wat nie kon rol nie

R 6-00

Erik se Vangs (Uittreksel)

R 6-00

Danie se Nuwe Huis (Uittreksel)

R 5-00

Slakke Mars (Uittreksel)

R 1-50

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: