Speletjies

Sou u belangstel om ‘n bestelling te plaas, vul asb. die bestelvorm in wat in die katalogus gevind kan word en stuur dit saam met u bewys van betaling, aan my by info@lomi.co.za. Vind asb. die Bankbesonderhede op die bestelvorm.

Speel-Speel Maaltafels bevat 4 speletjies om maaltafels mee te oefen.
Die eerste 2 vir tafels tot by 6×6 (dobbelsteenspeletjies)
Die 3de speletjie maaltafels tot by 1
2x12.
Die 4de speletjie
vir tafels van 3x tot 9x tafels.

Prys: R6 Of koop dit saam met Meeste maaltafels in ‘n ry vir R10

Speel-speel maaltafels vb

Meeste maaltafels in ‘n ry bevat 10 bladsye om 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en 11 maaltafels tot by 10x te oefen.

Prys: R6 Of koop dit saam met Speel-speel maaltafels vir R10

langste maaltafel

Reëndag Speletjies bevat 5 speletjies om die jongspan mee besig te hou op reëndae. Oefen so ook sommer bietjie optel, aftrek en datahantering. Speletjies in die pret-pak is ‘n diagonale speletjie en en langste optel en aftrek vir 2 spelers en geheime-kode ontsyfering en dinosorous grafiek vir alleen speel.

Prys: R5

speletjies

Pret met getalle bevat 8 speletjies vir 2 of meer spelers om optel / aftrek/ maal somme mee te oefen. Die speletjies maak gebruik van 4 draaiers (spinners) om getalle tot 5, 6, 10 en 12 ondeskeidelik kan draai. Gebruik die 5 en 6 draaiers vir jonger kinders wat nog met kleiner getalle werk vir optel/aftrek/maal en die 10 en 12 draaier vir ouer kinders wat al met groter getalle kan werk.

Prys: R5

Pret met getalle vb

Advertisements

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: