Noudat die Somme(r) Pret boeke te koop is het ek ‘n paar versoeke gehad om dit digitaal ook te verkoop. Dis egter ‘n hele nuwe wêreld vir my. Ek het dus die vaarwaters begin toets deur eers net die Robot Pret-Pak en Lente Pret-Pakke vir graad R tot 3 op https://teachingresources.co.za/vendors/lomi/ te begin verkoop. Lees voort
Posts Tagged With: graad R
Lente Pret
Categories: Tuisonderrig, wiskunde
Sleutelwoorde: graad 1, Graad 2, Graad 3, graad R, lente, pret, wiskunde
4 Kommentaar
Kringetjies-en-kruisie somme
Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.
Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer. Lees voort
Categories: Graad 1, Graad R, wiskunde
Sleutelwoorde: aktiwiteite, graad 1, graad R, gratis, speletjies, wiskunde
4 Kommentaar
Graad R is Ma se eerste “skooljaar”
Graad R het iewers verdraai geraak. Om een of ander rede glo die algemene man op straat dat dit al ‘n verpligte skool jaar is. Iets wat dit nog glad nie is nie. As julle besluit het op tuisonderrig, ongeag of jou kind voorheen in ‘n kleuterskool was of nog altyd tuis was, is hierdie jou as ma (of pa) se jaar om jou kop rondom tuisonderrig te kry.
Categories: Graad R, Tuisonderrig
Sleutelwoorde: boeke, graad R, hulpbronne, tuisonderrig
11 Kommentaar