Posts Tagged With: gratis

Wiskunde pret

Voor julle begin dink dat al wat ons doen lees en skryf is, wil ek darem bietjie van ons wiskunde pret ook deel. Dit is immers iets wat die kinders veel meer geniet.

Inkleursomme

DSCF5103 Lees voort

Advertisements
Categories: Gratis drukstukke, Tuisonderrig, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 3 Kommentaar

Wiskunde mal

Ons knaap is wiskunde mal op die oomblik. Ek dink nie hy besef dit mooi self nie. Baie van die dinge is vir hom net speel. En alles is vet pret.

Bo aan sy lysie is seker sy Little Professor. Daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat hy nie ‘n keer of 2 die uit ruk en ‘n paar somme gaan maak nie. Hy doen nog net die optel en afrek op “level 1”, maar hy geniet dit vreeslik. Dis so interessant om te sien watter planne hy beraam om die somme te kan doen. Die tel blokkies was aan die begin ‘n wenner, maar nou raak hy lui. Dan gebruik hy sommer sy vingers of tel op die getalle kaart af. En dan is daar natuulik die kere wat hy regtig lui is en sommer dit op geheue probeer doen. Dan kry hy gewoonlik net so 3 uit 5 reg, maar ek dink nie dis te sleg vir ‘n 5 jarige nie. Ek het vir hom ‘n houer vir sy Little Professor gemaak. Nou kan hy die oral saam dra. So somme doen op die stoep of in die tuin is al te lekker.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Die woelwaters, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: , | 7 Kommentaar

Motor ABC

Kyk ek is so vet agter met die blog dat dit net nie meer snaaks is nie. Dit is nie dat ek niks het wat ek wil laai nie! Die probleem lê juis by die laai. Vet weet, ek het nie geduld vir sukkel met ‘n internet konneksie nie. Lyk al vir my hoe groter die “bundle” is wat jy het, hoe swakker is die konneksie. Dis is ‘n reuse frustrasie. Iewers in my agterkop probeer ek onthou wat ek alles wou laai. Hopelik vergeet ek nie die helfte nie en kry darem alles een of ander tyd gelaai.

Ek wil onder andere nog ons nuwe avonture op die Little Professor deel. Maar die sal moet wag vir ‘n ander post. Nou dat die knaap getalle so goed onder die knie het wil hy met mag en mening begin lees. Hy sal egter bietjie geduld moet hê. Eers sal hy die hele alfabet moet leer (hy ken al heelwat letters, maar nie almal). Een van sy ander passies is motors (ja, hy het tonne goed waarin hy nou belangstel – Dinosourusse, goggas, slakke, …..). Oral waar ons gaan wil hy weet watter kar is dit. Ek het dus besluit om die letter leer en motors te kombineer. Ek het vir hom flits kaarte gemaak van motor fabrikate (wel daar is ‘n paar modelle by om uit te help met ‘n letter of 2). Ons het sommer ook ‘n paar lorries en trekkers by gegooi (hoe dan nou anders). Hy geniet die leer sessies verskriklik baie. Ek het die kaarte hier gelaai, dalk is daar nog seuntjies wat met dit wil speel. Net ‘n opmerking, onthou omdat die fabrikate nie Afrikaans is nie, is al die klanke nie foneties korrek nie.

Motor ABC flash cards 2

DSCF3360 Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Blog at WordPress.com.