Posts Tagged With: prysuitdeling

Wie word gemeet?

Dis einde van die jaar. Tyd vir prysuitdelings, jaarafsluitings, rapporte en sommer net om die afgelope jaar te evalueer. En daar is een gesprek wat ek oor en oor het met ander ma’s. Of die kinders nou tuis of by ‘n skool leer al ons mamma’s spook met dieselfde ding. Ons meet ons waarde as ma aan ons kinders se prestasie.

Hoekom doen ons dit? Hulle talente/aanleg/potensiaal is immers gawes van God en het niks te doen met ons of wat ons doen nie. Ek dink dit is omdat ons so deel van ‘n prestasie gedrewe samelewing geraak het. En sosiale media help net mooi niks. Oral lees mens al die kinders se ongelooflike prestasies en wonder waar jy dan te kort geskiet het. En natuurlik deel almal net die hoogtepunte en bly tjoepstil oor die laagtepunte! Lees voort

Advertisements
Categories: Ouerskap, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,, | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.