Posts Tagged With: tuisonderrig

Waterlelie avontuur

Uit ‘n paar oorde hoor ons dat die waterlelies, en veral hul blare, ongelooflik mooi is in die botaniese tuine. Net daar besluit ek en my kunstige – / wetenskap Maandae vriendin dat dit soos ‘n uitstappie vir ‘n Maandag klink. Ons kan immers sommer die wetenskap (botanie) en kuns kombineer!

Die kinders is heel opgewonde en gewapen vir die uitstappie met rugsakke met hul kuns goed in. Sommer by die eerste poel sien hul ‘n ruspe raak wat op ‘n waterlelie blaar sit. Of sy ma hom nou met opset daar gelaat het en of hy ingeval of gewaai het sal ek nou nie weet nie. Of dalk het die rakker ‘n slukkie water kom drink. Hoe dit ook al sy, ons het besluit om hom eerder daar te los. Ruspes is mos maar kieskeurige eters met ‘n beperkte dieet. En skuif ons hom, vrek hy dalk van die honger.

DSCF7551 Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Kunsvlyt, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , , , | 10 Kommentaar

Graad R is Ma se eerste “skooljaar”

Graad R het iewers verdraai geraak. Om een of ander rede glo die algemene man op straat dat dit al ‘n verpligte skool jaar is. Iets wat dit nog glad nie is nie. As julle besluit het op tuisonderrig, ongeag of jou kind voorheen in ‘n kleuterskool was of nog altyd tuis was, is hierdie jou as ma (of pa) se jaar om jou kop rondom tuisonderrig te kry.
Categories: Graad R, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , , | 11 Kommentaar

Die minder perfekte dae

Ek lees ‘n ruk terug dat al die sosiale media die geneigdheid het om ‘n baie idilliese prentjie te skep. Dis immers heerlik om al ons suksesse te deel. En baie maklik om stil te bly oor die dinge wat nie volgens plan verloop nie. Dis dood normaal, maar dit kan onbereikbare verwagtinge skep. Diegene wat lees wat ons deel kan dink dat alles net altyd klopdisselboom hardloop. En dit is verseker ver van waar!  Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, peuter, skootboek, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , , | 2 Kommentaar

Ons 2014 hoogtepunte

So is nog ‘n jaar vinnig besig om leeg te hardloop. Die een, voel dit vir my, is in ‘n oogwink verby. Ek gaan lieg as ek sê dat dit ‘n jaar net van maanskyn en rose was. Met ‘n baba in die huis, wat nog die waarde van slaap moet ontdek, was ons klomp maar heel party dae verlep. Dankie tog dat ons nie die “school run” moes doen nie. Ek is nie so seker of ek dit sou oorleef het saam met die huiswerk en al die ander skool aktiwiteite nie. Ons kon gelukkig ons pas aanpas by almal se energie en konsentrasie vlakke.

Tog was selfs die min slaap ‘n seën. Ek het geleer dat ek meer kan ontspan. Dat my kinders meer leer as ek minder in meng. En dat liefde en aandag baie dinge reg toor. God se genade is genoeg vir vandag en more sal vir homself sorg.

Maar terug na al die hoogtepunte wat ek wil deel. Ons 7-jarige het die jaar afgeskop met sy eerste 200 stuk legkaart. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hom. Nou net ‘n paar maande later vra hy dat ons saam ‘n 1500 stuk aanpak en so stuk stuk bou hy dit. Natuurlik kla hy aan die einde dat ek te veel gehelp het en ruk toe weer groot dele uit mekaar en bou dit oor! Hy het dit so geniet dat ons nog ‘n 1000 stuk uit haal. Die is nou al amper klaar en hy het die meeste daarvan self gebou.

2014-11-20-1865 Lees voort

Categories: Graad 1, Kunsvlyt, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 8 Kommentaar

Hoender skootboek

DSCF6455

Ons het pas klaar gemaak met “Die Rooi Haan” van Freda Linde. Veral ons oudste het die boek baie geniet. Dit saam met die feit dat ons al soveel ander interessante hoender stories gelees/-luister het, was duidelik ‘n teken dat dit tyd was om bietjie meer oor hoenders te leer. Ons het ook “Diva Veronica“ van Marianna Brandt gelees en geluister na “Hendrik die hoenderhaan” (Daar is ‘n uittreksel van dit hier http://www.youtube.com/watch?v=sSx-VBmYNqM). Ons het meer oor hoenders gaan leer op http://mieliestronk.com/hoenders.html en sommer ‘n hele klomp hoender gedigte gelees uit DJ Opperman se “Klankies vir kleintjies” en “Kleuterverseboek” en Philip de Vos se “Mallemeule-man”. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | 6 Kommentaar

Klimpvarkie skootboek

DSCF6447

Ons het die oulikste reeks lewende boeke ontdek – Natuurbiblioteek. Wel ons kon nog net 2 van hulle in die hande kry, Die Eekhoring en Die Krimpvarkie. Ons het ‘n rukkie terug ‘n skootboek oor die eekhoring gedoen. En nou een oor die Krimpvarkie. Die storie is so geskryf dat mens soveel oor die diertjies leer. Dan sluit die boek verder af met nog interessante feite oor krimpvarkies. Vir ons knaap was dit vreeslik interessant dat hulle selfs slange kan doodmaak en eet. Terwyl ons pop nie gedink het dat hulle kon swem nie.

Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | 4 Kommentaar

Rustige dae

Ek het al dikwels half skuldig gevoel oor ons rustige skooldae. Ons doen eintlik so min, maar tog vorder die rakkers so goed. En ek is nie al een wat wonder oor die verskynsel nie. Ek het al dikwels ouers wat kinders uit die skool haal gehoor vra wat die kinders dan nou juis heel dag by die skool gedoen het, want hul is nou in ‘n rekord tyd elke dag deur al die werk (dikwels dieselfde hoeveelheid tyd wat hul voorheen aan huiswerk spandeer het). Lees voort

Categories: Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , | 2 Kommentaar

Op ons boekrak 2014

Ek het gedink dit is tyd vir ‘n nuwe leeslys. Die kinders is immers ‘n jaar ouer (5 en 7) en so saam met dit, verander wat ons graag lees. Gaan kyk gerus na van die boeke wat ons in die verlede gelees het en na stories oor Jan van Riebeeck wat ons geniet het.  Die is verseker nie ‘n lys van alles wat ons lees nie. Ons neem immers elke maand tussen 20 en 30 boeke uit en daarby kom nog die boeke wat ons koop ook. Die lys is net die langer voorlees boeke wat die rakkers geniet. Juis omdat ek dit uitdagend vind om sulke boeke te vind wat ouderdom gepas is. Soos laas jaar sal die lys mettertyd groei soos ons voort lees.

2014-08-06-1344

Lees voort

Categories: Ons lees, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , | 7 Kommentaar

Letter pret

Ek hou altyd daarvan om eerder met prettige speletjies vir die kinders nuwe dinge te leer. Lettervaslegging is nou groot in ons huis. Ek het dus gedink dis net gepas om te deel wat ons al aangevang het om dit speel-speel te leer.

Parkeer die letter

Ek het op die oulike idee afgekom om ‘n letter parkade te maak. Die idee is om karretjies met die kleinletters op te parkeer op die parkeerplek met die hoofletter op.

DSCF3592 Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , , | 6 Kommentaar

Mors partytjie

Ons het die jaar af geskop met ‘n heerlike “mors partytjie”. Hopelik word hierdie ‘n nuwe tradisie om elke skool jaar op ‘n prettige manier te begin.

Nou wat is ‘n mors partytjie mag jy vra? Wel dis ‘n verskoning om lekker te mors natuurlik! En het die kinders nie te heerlik gemors nie!!!

DSCF4605-1 Lees voort

Categories: Kunsvlyt, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , | 9 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.