Sou u belangstel om ‘n bestelling te plaas, vul asb. die bestelvorm in wat in die katalogus gevind kan word en stuur dit saam met u bewys van betaling, aan my by info@lomi.co.za. Vind asb. die Bankbesonderhede op die bestelvorm.
Rooster inkleur / Grid Colour-in bevat 5 roosterprente om in te kleur. Die pak is tweetalig (Afrikaans/Engels). Vir elke roosterprent is daar die opsie om te kies tussen getal inkleur of om die optel en/of aftrek somme in te kleur.
Prys: R5
Getal-aktiwiteitsboek bevat 18 aktiwiteite vir kinders wat getalle van 1 – 9 begin uitken. Die aktiwiteite sluit in natrek, pas die skaduwee, roosterinkleur, soek die verskille, verbind die kolle (“dot to dot”), tel, patroon uitbreiding en ‘n doolhof.
Prys: R15
Gimnastiek Pret – Gymnastics Fun bevat 13 voorskoolse aktiwiteite. Die pak is tweetalig (Afrikaans/Engels). Die aktiwiteite sluit in natrek, pas die skaduwee, roosterinkleur, soek die verskille, tel, papierpoppe, inkleur en ‘n doolhof.
Prys: R12
Prinsesse Pret-pak Voorskool bevat 8 aktiwiteite met getal erkenning, tel, natrek, ‘n doolhof, spieëlbeeld teken, rangskikking van minste na meeste en kleinste na grootste en skaduwee pas.
Prys: R8 elk