Op ‘n koue nat lente more verloor ‘n paar uur oue kolganskuiken sy ma. So word hy deel van ons gesin. Lees in “Kolle-kuiken kry ‘n gesin” hoe Kolle-kuiken deel van ons gesin geword het, totdat hy hopelik eendag weer by ‘n regte kolgansgesin kan aansluit.
Kom kleur self ons storie in, leer meer oor kolganse en geniet die 5 kolgansaktiwiteite. 52 Bladsye. Beskikbaar in pdf teen R30.
Sou u belangstel om ‘n bestelling te plaas, vul asb. die bestelvorm vir digitale produkte in en stuur dit saam met u bewys van betaling aan my by info@lomi.co.za. Bankbesonderhede is op die bestelvorm.