Salomie het in 2020 begin met haar Storiehoekie. Sy was toe 11 en het 3 groot liefdes: Gimnastiek, stories en musiek!
Met Lockdown, wat die gimnastiek tydelik op die ys was, het sy besluit om die tyd in te span om haar ander 2 liefdes te kombineer en luisterstories met liedjies te skryf. Dit is een van haar projekte waarmee sy spaar vir haar groot gimnastiek droom om eendag oorsee te kan gaan deelneem!
Alhoewel sy meeste van die stories self skryf, het sy ook haar ma en tannie al ingekatrol om stories vir haar Storiehoekie te skryf. Al die stories word deur haarself voorgelees.
Kom luister saam!
As jy haar wil ondersteun loer gerus by my aanlyn winkel in onder luisterstories. Elke storie het ‘n uittreksel waarna geluister kan word in die winkel.