Description
Wit Oemfaan speel af tydens die Groot Trek in Natalia (nou KwaZulu-Natal) rondom 1838. FA Venter probeer in Wit Oemfaan wys dat ‘n saak altyd meer as een kant het, dat begrip vir mekaar se sieninge verander hoe ons met mekaar omgaan.
Daar is verskeie voorstelle in die Verryking/Skryfkuns afdeling wat sal help om die Trekker en Zoeloe gebruike en kultuur van die tydperk te verstaan.
Die studie en werkboek gekombineer bevat 141 bladsye. Dit is in ses eenhede opgedeel plus ‘n hersieningsafdeling, woordelys, tipiese spelfoute en antwoorde. Dit sal dus ‘n minimum van 7 weke neem om deur te werk, alhoewel dit waarskynlik eerder 13 weke of selfs meer in beslag kan neem. Dit sal afhang van hoeveel tyd aan die studie spandeer word en in hoeveel diepte verdere verryking gedoen word.
In elke eenheid bevat:
Verryking/Skryfkuns
Begrip
Woordeskat en Spelling
Taalleer
‘n Gedig
Diktee
Daar is ook ‘n afdeling waarin spelfoute in kategorieë geplaas kan word om die student te help om te sien waar hul foute begaan en sodoende in die toekoms spesiale aandag aan sulke woorde te kan gee.
Kyk gerus na voorbeeld bladsye uit die studie by: Wit Oemfaan voorbeeld
Wit Oemfaan deur FA Venter is die eerste keer in 1965 gepubliseer en verskeie uitgawes en drukke daarna. Die boek is ook as luisterstorie beskikbaar by https://luistervinkstories.co.za/. Meer oor die storie by https://web.facebook.com/luistervinkstories/photos/a.439892236476344/1375740599558165.
Kom delf saam en ontdek woorde wat nie meer altyd algemeen gebruik word nie. FA Venter se skryfwerk is ryk aan idiome, uitdrukkings en lewendige beskrywings. ‘n Ontdekkingsreis in ons ongelooflike taalerfenis.
Reviews
There are no reviews yet.