Literatuur Geïnspireerde Taalleer – By Fakkellig

R160.00

Literatuur Geïnspireerde Taalleer oor By Fakkellig deur Karel Schoeman

Description

By Fakkellig speel af in Ierland aan die einde van die agtiende. ’n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk.

 

Daar is verskeie voorstelle in die Verryking/Skryfkuns afdeling wat sal help om meer kennis oor Ierland en die tydperk rondom die Franse Rewolusie te bekom.

Die studie en werkboek gekombineer bevat 154 bladsye. Dit is in agt eenhede opgedeel plus ‘n hersieningsafdeling, woordelys, tipiese spelfoute en antwoorde. Dit sal dus ‘n minimum van 9 weke neem om deur te werk, alhoewel dit waarskynlik eerder 17 weke of selfs meer in beslag kan neem. Dit sal afhang van hoeveel tyd aan die studie spandeer word en in hoeveel diepte verdere verryking gedoen word.

 

Elke eenheid bevat:
Verryking/Skryfkuns
Begrip
Woordeskat en Spelling
Taalleer
Diktee

 

Daar is ook ‘n afdeling waarin spelfoute in kategorieë geplaas kan word om die student te help om te sien waar hul foute begaan en sodoende in die toekoms spesiale aandag aan sulke woorde kan gee.

 

Kyk gerus na voorbeeld bladsye uit die studie by:  By Fakkellig voorbeeld

 

By Fakkellig deur Karel Schoeman is die eerste keer in 1966 gepubliseer met verskeie uitgawes en drukke daarna. In 1970 ontvang Schoeman die Hertzog Prys vir By Fakkellig, ’n Lug Vol Helder Wolke & Spiraal.

 

Kom delf saam en ontdek woorde wat nie meer altyd algemeen gebruik word nie. ‘n Ontdekkingsreis in ons ongelooflike taalerfenis.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.