Description
Gezina en die bruin wind is ’n historiese jeugroman deur Maretha Maartens wat die Bloemfonteinse konsentrasiekamp vir vroue en kinders tydens die Anglo-Boereoorlog as tema gebruik.
Die studie en werkboek gekombineer bevat 115 bladsye. Dit is in vyf eenhede opgedeel plus ‘n hersieningsafdeling, woordelys, tipiese spelfoute en antwoorde. Dit sal dus ‘n minimum van 6 weke neem om deur te werk, alhoewel dit waarskynlik eerder 11 weke of selfs meer in beslag kan neem. Dit sal afhang van hoeveel tyd aan die studie spandeer word en in hoeveel diepte verdere verryking gedoen word.
Elke eenheid bevat:
Verryking/Skryfkuns
Begrip
Woordeskat en Spelling
Taalleer
‘n Gedig
Diktee
Daar is ook ‘n afdeling waarin spelfoute in kategorieë geplaas kan word om die student te help om te sien waar hul foute begaan en sodoende in die toekoms spesiale aandag aan sulke woorde te kan gee.
Kyk gerus na voorbeeld bladsye uit die studie by: Gezina Voorbeeld
Gezina en die Bruin Wind deur Maretha Maartens is die eerste keer in 1985 gepubliseer en verskeie uitgawes en drukke daarna.
Kom delf saam en ontdek woorde wat nie meer altyd algemeen gebruik word nie. Maretha Maartens se skryfwerk is ryk aan idiome, uitdrukkings en lewendige beskrywings. ‘n Ontdekkingsreis in ons ongelooflike taalerfenis.






Reviews
There are no reviews yet.