Description
Somme(r) Pret Wiskunde Program Graad 3
‘n Volledige wiskunde program vir kinders in graad 3.
Die Somme(r) Pret Wiskunde Program is heeltemal anders as ander wiskunde produkte op die mark. Dit is eerstens nie ‘n werk-by-‘n-tafel program nie. Dit kombineer speletjies, aktiwiteite en werkvelle om kinders organies en speel-speel wiskunde te leer. Tog bied dit jou as ouer ‘n veiligheidsnet om seker te maak dat al die grondslagfase leerareas wel gedek is.
Dit sluit in:
‘n Volledige uiteensetting oor hoe om wiskunde aan te pak in die grondslagfase saam met u kind.
Inligting om jou as ouer voor te berei om met gemak jou kind wiskunde te kan leer.
Toegang tot ‘n ‘n telegram ondersteuningsgroep.
Vir elke graad is daar 32 weke se werk ingedeel in 4 kwartale van 8 weke elk met 5 dae per week. In die graad boeke is elke week ingedeel as volg:
Dag 1: ‘n Aktiwiteit
Dag 2: Getal van die week
Dag 3: Fokus op probleemoplossing
Dag 4: ‘n Werksvel
Dag 5: ‘n Speletjie
Neem asseblief kennis dat die graad 3 Pretpakke (wat apart ook te koop is in die aanlyn winkel) deel uitmaak van die graad 3 program en dus nie afsonderlik ook gekoop hoef te word nie.
Indien jy reeds een van die Somme(r) Pret Program se grade aangekoop het kontak my asb by info@lomi.co.za om ‘n R200 afslagkode te kry vir elke verdere grade se aankope.
‘n Voorbeeld week is beskikbaar by: Graad 3 week 1
Reviews
There are no reviews yet.