Description
Somme(r) Pret Wiskunde Program Graad 1
‘n Volledige wiskunde program vir kinders in graad 1.
Die Somme(r) Pret Wiskunde Program is heeltemal anders as ander wiskunde produkte op die mark. Dit is eerstens nie ‘n werk-by-‘n-tafel program nie. Dit kombineer speletjies, aktiwiteite en werkvelle om kinders organies en speel-speel wiskunde te leer. Tog bied dit jou as ouer ‘n veiligheidsnet om seker te maak dat al die grondslagfase leerareas wel gedek is.
Dit sluit in:
‘n Volledige uiteensetting oor hoe om wiskunde aan te pak in die grondslagfase saam met u kind.
Inligting om jou as ouer voor te berei om met gemak jou kind wiskunde te kan leer.
Vir elke graad is daar 32 weke se werk ingedeel in 4 kwartale van 8 weke elk met 5 dae per week. In die graad boeke is elke week ingedeel as volg:
Dag 1: ‘n Aktiwiteit
Dag 2: Getal van die week
Dag 3: Fokus op probleemoplossing
Dag 4: ‘n Werksvel
Dag 5: ‘n Speletjie
Neem asseblief kennis dat die graad 1 Pretpakke en Roosterinkleur (wat apart ook te koop is in die aanlyn winkel) deel uitmaak van die graad 1 program en dus nie afsonderlik ook gekoop hoef te word nie.
Indien jy reeds een van die Somme(r) Pret Program se grade aangekoop het kontak my asb by info@lomi.co.za om ‘n R200 afslagkode te kry vir elke verdere grade se aankope.
‘n Voorbeeld week is beskikbaar by: Graad 1 week 1
Reviews
There are no reviews yet.