Somme(r) Pret reeks
Elke e-boek bevat 30 prettige aktiwiteite met antwoorde (buiten Somme(r) Pret Begin wat nie antwoorde bevat nie) om wiskunde vaardighede te bevorder. Wiskunde hoef nie vervelig te wees nie!!! Gryp inkleurpotlode/-kryte en kom leer sommer so speel-speel.
Mag Somme(r) Pret Begin help om, op ‘n prettige manier, ‘n soliede basis te bou in wiskunde.
Somme(r) Pret Begin e-boek : ISBN 978-0-620-73643-5
Somme(r) Pret 1 e-boek : ISBN 978-0-620-73609-1
Somme(r) Pret 2 e-boek : ISBN 978-0-620-73610-7
Somme(r) Pret 3 e-boek : ISBN 978-0-620-73611-4
Beskikbaar as e-boeke in pdf in my aanlyn winkel.
Lees meer oor die boeke se begin by https://lomi.co.za/2015/10/21/somme-hou-my-besig/
Volg ons vordering gerus op facebook
As jy wonder watter boek(e) geskik sal wees vir jou kind(ers) lees gerus Somme(r) Pret: Watter graad?
Somme(r) Pret Begin is propvol opwindende aktiwiteite om op ‘n prettige wyse kinders aan wiskundige begrippe bloot te stel.
Vaardighede wat aangespreek word, is onder andere:
– Getalbegrip tot by 10
– Basiese vorms
– Patroonherkenning
– Probleemoplossing
– Konsepte soos gewig en grootte
– Logiese denke
Somme(r) pret 1 (vir +- graad 1 en 2)
Somme(r) pret 1 is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede op ‘n prettige wyse in te oefen.
Vaardighede wat aangespreek word is onder andere:
– Optel en aftrek tot by 20
– Basiese vorms
– Getalbegrip tot by 100
– Getal waardes
– Patroon herkenning
– Eenvoudige grafieke
– Probleem oplossing
– 3 Dimensionele waarneming
Sommer(r) pret 2 (vir +- graad 3 en 4)
Somme(r) pret 2 is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede op ‘n prettige wyse in te oefen.
Vaardighede wat aangespreek word is onder andere:
– Optel en aftrek tot by 100
– Maal en deel tot die 5 maal tafel
– Koördinate
– Patroon ontwikkeling
– Ewe en onewe getalle
– Probleemoplossing
– Geldsomme
– Grafieke
Somme(r) pret 3 (vir +- graad 5 tot 7)
Somme(r) pret 3 is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede op ‘n prettige wyse in te oefen. Los die raaisels op en leer sommer ‘n klompie interessante goggafeite in die proses.
Vaardighede wat aangespreek word is:
– Optel en aftrek oor ‘n 100
– Maal en deel tot die 12 maal tafel
– Berekenings met breuke
– Persentasies
– Ewe en onewe getalle
– Oppervlakte
– Koördinate
– Probleemoplossing
Besoek my aanlyn winkel om die produkte aan te koop by https://lomi.co.za/aanlyn-winkel/