Posts Tagged With: swemdoek

Resensie: Swem in styl met Bambino Mio

Ek weet nie of julle weggooi swem doeke gebruik nie. Ek het jare terug net 1 pak gekoop en toe ook nie weer nie. Die doeke is so duur en my woelwaters was net te lewendig vir die goed. Dikwels was die kante klaar geskeur voor ek nog die doek aan hul boude gehad het. Of ek dink nog hulle speel mooi respektabel en dan hol hulle al vergete kaalbas rond! Ons het dus maar gespook met aaklige, grillerige oorvol weggooidoeke. Toe Bambino Mio my dus vra om hul nuutste swemdoeke op die proef te stel, kon ek nie vinnig genoeg “Ja” antwoord nie. Groot was die opwinding toe die pakkie met die aller fraai swemdoek hier afgelewer word. Dis eintlik ‘n skande vir ‘n doek om so mooi te lyk!!! Beste van alles is dat die “pink daisy” ontwerp te mooi by haar swemhempie pas. DSCF7178 Lees voort

Categories: Baba, peuter, resensie | Sleutelwoordw: ,,,, | 4 Kommentaar

Blog at WordPress.com.