4

Resensie: Swem in styl met Bambino Mio

21 February 2015
Share

Ek weet nie of julle weggooi swem doeke gebruik nie. Ek het jare terug net 1 pak gekoop en toe ook nie weer nie. Die doeke is so duur en my woelwaters was net te lewendig vir die goed. Dikwels was die kante klaar geskeur voor ek nog die doek aan hul boude gehad het. Of ek dink nog hulle speel mooi respektabel en dan hol hulle al vergete kaalbas rond! Ons het dus maar gespook met aaklige, grillerige oorvol weggooidoeke. Toe Bambino Mio my dus vra om hul nuutste swemdoeke op die proef te stel, kon ek nie vinnig genoeg “Ja” antwoord nie. Groot was die opwinding toe die pakkie met die aller fraai swemdoek hier afgelewer word. Dis eintlik ‘n skande vir ‘n doek om so mooi te lyk!!! Beste van alles is dat die “pink daisy” ontwerp te mooi by haar swemhempie pas. DSCF7178 Die doeke kom in 5 verskillende ontwerpe en 4 groottes. Loer wel ook na hul “size chart” eerder as net die ouderdom. Ons prinses is petite en pas perfek in die 1-2 jaar doek, maar ek weet daar is babas wat groter/kleiner is en moontlik in ‘n ander grootte as hul ouderdom s’n beter sal pas. Min het ek geweet wat ‘n drama die uit probeer gaan afgee. Dit het niks met die doek self te doen nie, eerder met ons vreemde weer! Dis immers Februarie. Die maand waarop ons hier in die Kaap gewoonlik so bietjies bietjies uitbraai. Watter beter maand vir swem? Wel nie die jaar nie! Dit voel asof ons skielik diep in herfs is. Daar is die paar dae van heerlike warm sonskyn, maar net so skielik kom die reën en koue dan weer. Ons moes selfs al ‘n paar nagte komberse uitpak en ‘n langmou toppie of 2 vir die dag. Nie dat dit so verbitterlik koud is nie, net dat mens se lyf nie die skielike koue gewoond is nie. Saam met die koel weer vier verkoues en griep natuurlik fees. Ja, dit in die hartjie van somer!!! Dit maak my benoud vir die winter wat voorlê. Ek is so nie ‘n winter mens nie! Maar terug na meer aangename onderwerpe. So tussen die loop neuse en koue deur het ons darem ‘n kansie gekry om die nuwe swemdoek te benut. Weliswaar nie soos ek gehoop het op die strand nie, want die dae wat daar tyd was vir sulke uitstappies wou die weer net nie saam speel nie. Hopelik kan ons wel op die strand ‘n draai maak en daar gaan pronk met die mooie swemdoek. Ek beloof om ‘n foto “update” te laai as (nee, wanneer) dit gebeur. DSCF7245DSCF7241DSCF7256DSCF7253 Ons prinses is absoluut versot op die doek – Nie omdat sy daarin kan swem nie. Sien sy is oortuig die is haar eie groot meisie broekies en geniet dit om sonder ‘n doek rond te loop. Dit sê beslis iets van hoe gemaklik die doek is. Ek hoop natuurlik dat sy nog so entoesiasties sal wees wanneer die tyd kom om te leer om die toilet te gebruik. DSCF7358 Sy moes ongelukkig tevrede wees daarmee om in ons tuin in die water te mors. Al is sy net 1 is sy klaar gek oor mooi klere (soveel so dat sy party dae al iets spesifieks uit haar kas gaan haal en dan aandring om oor aangetrek te word). Dit maak my taak baie makliker, want elke keer was sy net te gelukkig om weer haar mooi broekie aan te trek. Dit pas baie gemaklik en die rekkies om die bene en lyfie sorg dat enige glipsie binne bly. Daarby is ‘n toutjie wat mens ekstra kan in bring om dit nog beter te laat pas. DSCF7340 Die swemdoek werk ten minste net so goed soos enige van die “pottytraining” broekies wat ek al vir die ouer 2 gebruik het. Soos die broekies kom mens nie eers agter as sy ‘n klein glipsie het nie, maar groter nat glipse slaan wel deur. In ‘n swembad is dit natuurlik nie ‘n probleem nie (ook nie as sy in die tuin rond hol nie), dis mos die soliede glipse wat mens net wil binne hou. As dit eers tyd is vir toilet lesse gaan ek verseker die doek by die versameling “pottytraining” broekies sit. DSCF7339 Die swemdoek was ook verbasend maklik. Die nat-glipse het ek net uitgespoel en saam met die res van die wasgoed in gegooi. Die buitekant van die doek is van ‘n gladde materiaal wat nie maklik vlek nie. Selfs ons modder grond (wat berug is vir vlek) het sonder enige moeite uit gewas. DSCF7363 Die heel oulikste is vir my die boudjies. Ek is so gewoond daaraan om haar in doeke te sien, dat dit regtig skattig is. Vir my besige lyfie het die wasbare swemdoeke beter gewerk as weggooi swemdoeke. Dit is baie gemaklik en rek en strek saam om haar al die beweegruimte te gee wat sy nodig het. Dit word ook nie so swaar en ongemaklik soos weggooidoeke as dit nat word nie. Die doeke is pragtig en as jou baba/peuter gereeld swem gaan dit jou hope geld spaar. Gaan loer gerus in by Bambino Mio se Facebook blad, hulle het pragtige lapdoeke en “potty training” broekies. As jy nie die produkte op die winkelrakke raak loop nie, is dit ook by hul aanlyn winkel te koop.