Nuwe seëning

DSCF3935

Vier weke terug het ons ‘n nuwe seëning in ons gesin verwelkom. Klein Nien is gebore en ons was almal dadelik mal verlief.

DSCF3875

Sy is die pragtigste klein pop en regtig so ‘n maklike baba. Ons kon vir niks meer gevra het nie.

Die 4 weke het net te vinnig verby gevlieg. Miskien meer so, met ouma en 2 tannies wat kom kuier het en te heerlik saam pop gespeel het. Wat ‘n reuse hulp was dit opsig self om hulle in die spesiale tyd hier te hê nie. Die huis voel skoon leeg noudat almal weg is.

DSCF3976

Dis darem soveel makliker met ‘n derde kind, veral as jy sulke oulike ouer spruite het. Hulle werk so mooi met die klein sussie en help my net waar hulle kan. Die grootste probleem is juis om die drukkies en soentjies van hulle af te beperk. Die 2 wil net heeltyd die nuwe sus liefies gee en verstaan nie altyd mooi dat dit nie die regte tyd daarvoor is nie.

DSCF3861Die kroon op my vreugde is dat ouboet, wat eintlik SO graag ‘n boetie wou gehad het die ander dag sê: “Ek is bly Anina is toe ‘n sussie. Sy is so oulik.”. Dit maak ‘n mamma se hart sommer warm. Dit is hy wat nader storm as kleinsus net effe ongelukkig raak.

JKN_0102A

 

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, Baba | Sleutelwoordw: | Lewer kommentaar

Artikelnavigasie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: