Alles in ‘n dag

‘n Goeie ma is ‘n lui ma

Ek hoor al hoe van julle julle asems geskok intrek. Nee, ek bedoel nie ‘n goeie ma is ‘n “lady of leasure nie”. Maar ‘n goeie ma weet wanneer om “lui” te wees en haar kinders iets self te laat doen.

Om lewensvaardighede baas te raak het kinders nodig om dit te doen, om dit te oefen. Jy kan nie leer swem deur ‘n handleiding oor swemtegnieke te lees nie. Jy het nodig om in ‘n swembad te klim en te oefen om te swem. Gaan jy lê dat iemand jou opereer wat nog net ‘n mediese handboek gelees het daaroor? Lees voort

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, Ouerskap, Uncategorized | 2 Kommentaar

Keuses

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat gure weer ons dikwels in die huis vasdruk. En dan is daar die pragtige sonskyndae soos vandag.

Dit is hierdie dae wat altyd ‘n twee stryd in my skep. Die kinders wil buite speel en in die tuin werk. Die sonskyn in drink. Maar dit was nie my plan vir die dag nie. Daar was werk wat gedoen moet word. Wiskunde en leer wat wag.

Dit is dae soos hierdie wat ek eers weer moet prioritiseer en dink hoekom ons tuisonderwys gekies het. Dat ons weer op ‘n reëndag leer en lees kan inpas, maar nie die vitamien D en vars grond terapie nie.

Ek moet eerlik wees dat dit nie altyd maklik is nie. Veral nie in ‘n week soos die waarin daar ekstra musieklesse is omdat die musiekeksamen volgende week is nie. ‘n Week wat reeds te min ure het tussen dit en die gimnastiek.

Hierdie mamma moet egter maar net diep asem haal en probeer ontspan. Die verlede het my darem mos al geleer dat hierdie tyd van speel en buite werk nie regtig verlore tyd is nie. Dat dit goed is vir die kinders. Nie net vir hul fisiese ontwikkeling nie, maar dat hul selfs in die proses meer leer.

En dan voel ek ook so bietjie skuldig, want terwyl hul in die grond rond krap is hul skoolmaats in die middel van eksamen. Sien ek die stres op jong gesigte en die benoude ma’s. En bo alles voel ek dankbaar. Dankbaar vir ‘n ander lewenswyse.

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Ons 2018 hoogtepunte

Ek het lank gewik en weeg of ek die jaar ons hoogtepunte moet deel. Ek het net met te veel moedelose ma’s gepraat wat voel hulle het nie genoeg bereik die jaar nie. Toe besef ek dat ek elke jaar dieselfde voel. As mens elke dag met jou kinders werk sien jy dikwels nie al die groei so mooi raak nie. Dis gewoonlik eers as ek hier aan die einde van die jaar terug kyk oor die jaar dat ek besef hoe baie ons eintlik gedoen het.

En daarom het ek besluit om wel die te deel. Ek wil elkeen uitdaag om iets soortgelyk te doen vir hulle gesin. Vergeet van vergelyk met ander gesinne. Vier dit wat julle gesin die jaar gedoen het! En gaan loer gerus na die oulike video gemaak deur Marisa Haasbroek en Dr Dr Frank Müller oor 16 Beter maniere om vas te stel of jou kinders vorder .

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 3, Graad 5, Uncategorized, Voorskool | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

Kolle die tweede

Presies 2 jaar (op die dag) na ons vir Kolle die kolgans gevind het het ons weer ‘n kolganskuiken gekry. Die keer was dit nie ek wat hom by die huis aan gebring het nie, maar manlief.

Op die grootpad het hy verby gery waar kinders die kuiken oor die pad heen en weer jaag. Hy’t besluit hy sal moet stop en die kuiken en die kinders red voor daar ‘n tragiese ongeluk is.

IMG_6125

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Gratis drukstukke, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,, | 3 Kommentaar

Hoekom presteer tuisskolers?

As mens begin met tuisonderwys, of dit nog oorweeg, moet jy gereeld hoor dat tuisskolers nie leer om te kompeteer in die regte wêreld nie. Dat hulle nooit iewers sal kom nie.

Mettertyd besef mens egter die teendeel is waar. Tuisskolers vaar goed in die wêreld daar buite. Jy kom dan weer opmerkings tee soos “dis net tuisskolers wat die podiumplekke kry, omdat hulle meer tyd het vir oefen”. Of sportsoorte wat tuisskolers nie wil toe laat om deel te neem nie. Hulle voel tuisskolers word bevoordeel, omdat hulle harder kan oefen. Ons giggel natuurlik lekker daaroor. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Die ewige wipplank

Die geskiedenis leer ons dat die mensDOM ‘n ewige stryd het om balans te vind. Ons wipplank van die een ekstreem na die ander sonder om ooit ewewig en ons balans te vind.

Dit blyk tuis ook my grootste uitdaging te wees. Wanneer ons op ‘n plek is waar ek voel dat ek genoeg tyd het om interessante en opwindende dinge saam met die kinders te doen – Eksperimente en kunsvlyt en sommer net tyd om aandag aan almal se belangstellings te gee – dan lyk dit asof ‘n orkaan ons huis getref het! Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,, | 4 Kommentaar

Die eenvoudige antwoord

Met die nuutste PIRLS verslag uit wat gevind het dat amper 4 uit elke 5 tienjariges nie met begrip kan lees nie is almal weer in rep en roer oor die toestand van onderwys in ons land. Die hartseer is dat ons steeds met oogklappe rond loop. Lees mens die berigte is die klem op die swak prestasies by lae inkomste skole en landelike gebiede. En, ja, die kinders se lees vaardighede is beroerd en kort dringend aandag!!!

Maar hier is die skokkende ding. Alhoewel dit beter gaan in middelklas Afrikaans en Engelse skole gaan dit steeds katastrofies sleg! Hier is ‘n paar statistiek uit die verslag oor ons Afrikaanse kinders indien iemand nog gedink het ons sit mooi “hoog en droog”. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Ouerskap, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,, | 4 Kommentaar

Ons 2017 hoogtepunte

Ons jaar het weer afgeskop met ons nuwe jaar vieringe.

201618 Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 2, Graad 4, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 1 Kommentaar

Hoekom doen jy tuisonderwys?

Een van die eerste dinge wat nuwe tuisonderwysgesinne aanbeveel word om te doen is om ‘n lysie te maak van hoekom hulle besluit het om tuisonderwys te doen. Dit is ‘n nodige lysie, want daar gaan dae kom waarop jy dit gaan nodig vind om terug na die lys te gaan. Elke dag is immers nie maanskyn en rose nie en soms kom ons elkeen op ‘n punt waar ons wonder of ons die regte besluit geneem het. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

Ons 2016 Hoogtepunte

Die grootste hoogtepunt van my jaar is dat my oudste 2 kinders die wonder van lees ontdek het. Hulle is 7 en 9 en alhoewel hulle 2 jaar in ouderdom verskil het beide hierdie jaar vir die eerste keer ure spandeer om te sit /lê en lees. Hulle het elkeen digby die 100 boeke in die jaar gelees. Sommige boeke het beide geniet, maar oor die algemeen verskil hul belangstellings baie. Natuurlik was daar ‘n klomp kort stories in, maar ook ‘n hele paar waaroor ek vestom was. Ek sou nooit kon dink dat hulle op die ouderdom al van die stories sou lees en geniet nie. Boeke wat vir my by my oudste uitgestaan het was: Pippie Langkous van Astrid Lindgren, Slaaptydstories 1 en 2 van Arthur S. Maxwell, Danda van Chris Barnard, Hy leef van Jenny Tripp, Die groot dierstorieboek van Human, Jakkals wat plante eet, wat wou van Rosalind Kerven, Wit oemfaan van FA Venter, Speurder Proppie van CS Badenhorst en hy het ook elke Kuifie en Astrix en Obelix wat hy sy hande op kon kry gelees.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Uncategorized, Wetenskap Maandae, wiskunde | Sleutelwoordw: ,, | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.