Graad 1

V&A: Hoe help ek my graad 1’tjie

Ek kry dikwels navrae via die webjoernaal en het gedink om van die antwoorde met julle te deel.

Hoe help ek my graad 1’tjie wat spook met wiskunde? Hy verstaan glad nie die * + 1 = 4 tipe somme nie.

Die belangrikste is op die oomblik konkreet met hom te werk. (Ek hoor net laas week van ‘n graad O juffrou wat baklei met die kinders wat op hul vingers tel. Ek wil haar ‘n pak slae gaan gee. Sy het geen benul van kinderontwikkeling nie!).

Kinders moet eers konkreet wiskunde oplos (fisiese items gebruik soos blokkies om bymekaar te tel), voor hulle in hul kop somme kan begin doen (hulle sien eintlik  prentjies in hul kop) en eers daarna kan hul abstrak begin werk (waar jy nie meer aan 3 as 3 appels/kolle/blokkies dink nie maar bloot ‘n begrip het van 3). Kinders verskil en party gaan gouer in ‘n volgende fase as ‘n ander, maar feit is dat tot ongeveer 11 moet kinders hoofsaaklik konkreet werk.

Skole het so obsessief geraak oor assessering op papier dat hul glad nie meer kinders se ontwikkeling in ag neem nie. Met die gevolg dat meeste kinders spook met wiskunde (nie omdat hulle dit nie verstaan of kan doen nie, maar bloot omdat hulle dit nog nie abstrak op papier kan uitdruk nie).

Ruk dus lekkergoed, blokkies, klippies, karretjies uit. Maak nie regtig saak wat nie. Maar laat hy met dit by tel, aftrek, die verdeel ens.

Jy kan vir hom verduidelik dat die = is soos ‘n skaal. Ken hy nog ‘n outydse skaal wat oorhel na eenkant as daar meer aan die eenkant is? Met somme wil ons hê die skaal moet gelyk hang, beide kante moet dieselfde hoeveelheid in hê. As jy ‘n speel skaal het kan jy vir hom wys wat jy bedoel. As jy bv 5 blokkies aan die eenkant sit en net 1
aan die ander kant gaan dit oorhel na die 5 kant. Hoeveel blokkies moet jy dan bysit, sodat dit gelyk is?
Of bou ‘n trein van blokkies/klippies (se maar weer 5). Jy wil hê dat die “trein” aan die ander kant van die = net so groot soos die eerste is. Sit nou onder die eerste “trein” 1 blokkie/klippie. Hoeveel blokkies/klippies moet hy by sit om die 2 treine ewe lank te kry? Hy moet eers dit fisies by sit om te sien wat gebeur en kan dan tel dat dit 4 is.

In julle dag kan jy begin soek vir plekke waar hy wiskunde kan gebruik. Dink byvoorbeeld aan wanneer julle tafel dek. Vra hom hoeveel mense julle is en hy kan dan gaan uit tel hoeveel messe en vurke nodig is. Jy kan dan vra as ouma en oupa kom kuier (of wie ook al) hoeveel gaan ons dan met uitsit. Of as julle lekkergoed koop, gee vir hom die pak sodat hy dit gelyk verdeel vir almal wat moet kry (een vir jou, een
vir my, een vir mamma). Hoeveel lekkers bly oor?

Sulke goed oefen die begrippe in en gee hulle ook ‘n idee hoekom hulle
dit by die skool leer.

Advertisements
Categories: Graad 1, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

V&A: Waar begin mens?

Ek kry dikwels navrae via die blog en het gedink om van die antwoorde met julle te deel.

Ek is tans besig om tuisskool te ondersoek. Ek wil definitief my kinders tans in Gr 2 en 3 uit die skool uithaal en begin tuisonderrig. So, ek is besig om na al die verskillende opsies te kyk. Sou ek die Somme(r) Pret reeks, Lente pret pak en Robot pret pakke bestel, sou dit kwalifiseer as genoegsame Wiskunde vir die jaar, of moet ek steeds na ‘n ander kurrikulum ook kyk? En wat sou jy voorstel?

Sjoe, dis ‘n bitter moeilike vraag. My boeke en pret-pakke is nie juis bedoel om ‘n kurrikulum te vervang nie. Die idee is om eerder alternatiewe aktiwiteite te gee wat wiskunde weer pret maak. Baie kinders is so gefrustreerd met wiskunde dat hulle dit lankal nie meer geniet nie. En sodra ‘n kind glo hul kan nie wiskunde doen nie of nie meer daarvan hou nie het jy die stryd verloor. Dan is dit ‘n opdraande stryd vir hulle om wiskunde baas te raak.

In my opinie het mens nie werklik ‘n kurrikulum al nodig vir die grondslagfase nie. ‘n Baie oulike boek om te lees is Dr Ruth Beechick se The 3R’s. Dit bevat alles wat kinders van graad R tot 3 moet bemeester. Die eerste 2 dele is oor lees en skryf (en is gemik op Engels, wat nie juis van toepassing is op ons tweedetaal gebruikers nie – tog is daar heelwat in wat jy later sal kan inspan). Die 3de deel is vir wiskunde. Sy breek dit so eenvoudig af, dat mens sommer meer selfvertroue het om dit self aan te pak.

As mens egter vars in die tuisonderwys ding in klim is dit moeiliker om weg te kom van ‘n kurrikulum. Mens is net so gewoond aan die skool se manier om ‘n hele klas met kinders te bestuur. En ‘n kurrikulum voel soos ‘n veiligheidsnet.

Die slim mense beveel egter aan dat ouers hul kinders (en hulself) eers “deschool” as hulle oorgaan na tuisonderwys. Die aanbeveling is 1 maand van geen formele skool vir elke jaar wat die kinders in die skool was (kleuterskool ingesluit). As jou oudste dus van graad O af in die skool was sal dit 3-4 maande beteken. As sy al op bv 3 skool toe is, sal dit 7 maande word. Dit klink vreesaanjaend om hulle vir so lank net te los, maar die idee is om mekaar net weer te leer ken. Om elkeen se sterk en swak punte te herontdek en in die proses leer ‘n mens dat leer nooit op hou nie. Kinders hou nie op leer as mens die boeke weg pak nie (dikwels leer hul juis dan meer). In die tyd wat julle “deschool” kan hulle speel en lees en ontdek na hartelus (Waak egter daarteen dat hulle voor die TV/selfone/tablets sit). Die tyd “af” gee jou dan ook die kans om self meer te leer oor wat tuisonderwys is. Om te kyk na die verskillende metodes en een te vind wat by julle gesin se behoeftes pas.

‘n Oulike video om te begin kyk na die verskillende metodes is https://youtu.be/-elu8CASKsI. Sy verduidelik die 5 gewildste metodes en het selfs ‘n vraelys wat jy kan voltooi om te kyk watter een by julle gesin sal pas. Daar is nog ander metodes en baie mense kombineer meer as een van die metodes om ‘n sakpas metode vir hulle gesin te vind.

My aanbeveling vir graad O tot 3 is om te kyk wat van kinders verwag word (of uit The 3R’s of deur te loer op die departement se webwerf). As mens na die handboeke en werkboeke kyk lyk dit soos ‘n ton wat die kinders moet kan doen, maar in effek is dit nie so baie nie.

Tog is graad O tot 3 die heel belangrikste jare van wiskunde! Dit is in die tyd wat kinders of wiskunde verstaan of dit soos ‘n papegaai memoriseer. Die wat leer om dit te verstaan doen goed in wiskunde latere jare. Die wat net die metodes en rympies gememoriseer het, spook hul dood as hul ouer word. Daarom is dit belangrik om op die ouderdom eerder stadig en deeglik te werk. Kinders kan altyd weer inhaal as hul bietjie agter is, solank die fondament goed is. Daarby saam is ons skoolstelsel gebaseer op ‘n spirale benadering. Kinders doen dus elke jaar dieselfde werk, net in ‘n moeiliker graad en ‘n paar nuwe konsepte. Wat dit baie maklik maak om op te vang indien nodig. Jy gaan bv vind dat jou 2 meeste van die tyd dieselfde werk gaan doen. Die oudste een gaan net met groter getalle werk.

My aanbeveling sou wees om vir die eerste ruk eers weer oor al die begrippe te gaan en sommer deur speletjies vas te stel waarmee hulle moontlik sukkel. Werk sover moontlik konkreet met hulle. Hulle moet fisiese voorwerpe kan tel, verdeel, groepeer. As dit goed vasgelê is is dit maklik om oor te gaan na abstrakte getalle op papier. Grondslagfase wiskunde is elke dag gebruik wiskunde. Gebruik volumes in die kombuis. Meet en weeg goed. Laat hulle tel hoeveel plekke om te dek vir die gesin / as daar gaste kom. Laat hul self lekkers verdeel. Gee hulle ‘n kans om te werk met geld (tuis of by die winkel en self uit te werk hoeveel geld hulle moet betaal en watter kleingeld hulle moet kry). Speel bordspeletjies. Vra hul hoe laat dit is en hoe lank nog voor julle iets moet gaan doen. Bou met Lego en klim boom! Lees vir hulle voor en laat hulself lees. Jy gaan verstom wees oor wat al die aktiwiteite vir wiskunde ontwikkeling gaan beteken.

En as hulle dan iets op papier wil doen kan jy altyd loer na my boeke 😉

Sterkte met al die besluite. En onthou daar is niks wat jou keer om oor ‘n ruk weer ‘n ander koers in te slaan nie. Meeste mense begin met een kurrikulum of metode en verander dit of pas dit later aan. Al die keuses maak dit moeilik (veral aan die begin), maar dis ook wonderlik om die vryheid te hê om dit te vind wat vir jou gesin werk.

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,, | Lewer kommentaar

Leer lees met Lieflik en Loflik

As jy al vir ‘n ruk hier lees, sal jy weet dat om my kinders te leer lees vir my die een groot tuisonderwys berg was! Genadig het ek ontdek dat dit nie so ‘n groot uitdaging is soos ek gedink het nie. Al wat kinders nodig het om bo baas lesers te word is die gereedskap (fonetiese klanke van die letters), ‘n liefde vir stories (wat gekweek word deur gereeld – lees daagliks – vir hul voor te lees) en tyd vir al die nodige vaardighede om in plek te val om klanke bymekaar te sit, sodat dit woorde en sinne kan word. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad R, resensie, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Raak Vry (vervolg)

Ek het reeds geskryf oor hoe ons ons kan los maak van die klaskamer mentaliteit. Vir baie maak dit s’n ten opsigte van lees en skryf, maar dan kom die vraag altyd: Wat van wiskunde? Ons kan tog mos nie net wiskunde los nie! Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Nog wetenskap pret

Ons het die laaste 2 kwartale meer gestruktureerd probeer werk tydens ons Wetenskap Maandae. My vriendin wat meer biologie agtergrond as ek het het met die kinders “Exploring Creation with Human Anatomy & Physiology” begin behandel.

iphone21 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,, | Lewer kommentaar

Somme(r) Pret: Watter graad?

Die een vraag wat ek konstant kry vandat die Somme(r) Pret reeks beskikbaar is is vir watter graad is die verskillende boeke geskik.

sommer pret Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | 2 Kommentaar

Steeds aan die lees

Nege maande terug het ek my vreugde met julle gedeel, omdat my toe 8-jarige uiteindelik begin lees het. Die hartseer is dat navorsing wys dat die gemiddelde kind eers tussen 6 1/2 en 8 1/2 jaar gereeld is om te leer lees. Hy was dus ontwikkelings gewys normaal en glad nie ‘n laat leser nie. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, Ons lees, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 3 Kommentaar

Geheime kode

Ek sien vanmore die idee van geheime kodes maak en toe moet ons dit net vandag doen! My knaap is immers versot op geheime kodes en enige iets wat net naby bende-agtig klink. En ek is versot op enige aktiwiteit wat somme, lees en skryf sommer saam kombineer!

iPhone19

Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,,, | 2 Kommentaar

Op ons boekrak 2016

Dis ongelooflik om te dink dat dit al weer tyd is om ‘n nuwe leeslys te begin. (Die vorige jare kan hier gevind word – 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke). Dit bly maar ‘n uitdaging om boeke te vind wat die kinders almal geniet. Kleinsus (2) steur haar nog nie te veel aan die stories nie en speel gewoonlik sommer net in die omgewing of sit op my skoot (en wil blaai voor dit tyd is 😉

Die ouderdomsverskil tussen die 2 oudstes, wat 9 en 7 is, is nie so seer ‘n probleem nie, soos wat die feit dat dit wat meisies en seuns in belangstel hemelsbreed verskil. Ek vind ook dat ons 9 jarige knaap stories begin geniet waarin daar emosionele intriges is. Hy geniet die karakterbou, terwyl ons Pop dit nog hartseer of ontstellend vind. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, Ons lees, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,, | 6 Kommentaar

‘n Kwartaal van eksperimente

So het die eerste kwartaal tot ‘n einde gesnel en staan ons al weer op die vooraand van ‘n nuwe kwartaal. Ons het laas kwartaal weer ‘n paar interessante dinge gedoen op ons wetenskap Maandae. Voor die nuwe kwartaal afskop wil ek dit graag met julle deel.

Ons het die jaar afgeskop deur te praat oor hoe ‘n regte eksperiment gedoen word. Dat jy eers kyk wat jy wil toets, dan besluit hoe jy dit gaan toets, wat jy dink gaan gebeur. Daarna volg die eksperiment. Laaste word gekyk wat gebeur het (of dan nou nie gebeur het nie) en hoekom jy dink dit so is. As ‘n voorbeeld het ons gekyk na die spoed waarteen papier helikopters val. Ons het die helikopters van http://paperairplanes.co.uk/heliplan.php en http://www.paperhelicopterexperiment.com gebruik. Die kinders het beurte gemaak om die helikopters te laat val, terwyl van die ander met stop horlosies moes meet hoe vinnig dit val. Telkens het 2 gemeet en dit was ‘n goeie les, omdat hulle kon sien dat elkeen se tye verskil het as gevolg van menslike foute. Ons het ook elke helikopter meer as eenkeer laat val, sodat hulle kon sien dat die omgewing ook ‘n invloed het. Aan die einde het ons gemiddeldes uitgewerk en gekyk watter helikopters die stadigste en vinnigste geval het. Ironies genoeg het die oorspronklike eenvoudige helikopters die stadigste geval. Die beste was toe ek aan die einde vir hulle verduidelik dat aan die einde van ‘n eksperiment mens alles van die begin hipotese tot die resultate en gevolgtrekkings alles moet dokumenteer. Hulle was nie beïndruk met die gedagte dat hulle dit dalk nou moes doen nie. Ons ma’s het lekker gegiggel. Duidelik geniet hulle die doen van eksperimente, maar nie die papier werk deel daarvan nie. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Uncategorized, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.