Ek moet erken dat ek effe spoed verloor het hierdie jaar. Na 2 vriendinne opmerkings gemaak het oor hoe hul wens hulle het ook dinge so onder beheer gehad soos ons “blog” ma’s, was my spoed heel gebreek.
Die laaste ding wat ek wil bereik deur die webjoernaal is om ander te laat voel dat hulle minder reg kry! Alles in die huis loop beslis nie seepglad nie. Ons spook en spartel net soos almal anders. Ons voel ons pad oop, soms suksesvol, soms nie. Dis deel van die reis waarop ons is. Lees voort