5 November 2019
Share

Ek het reeds met julle gedeel watter produkte ek tans vir voorskool beskikbaar het. Vandag wil ek fokus op dit wat beskikbaar is vir graad 1 tot 3. Konkrete leer bly ongelooflik belangrik vir die ouderdom kinders. Moet dus nie te veel op werkvelle fokus nie en hou altyd apparaat (soos tellers, blokkies, krale) naby om mee te werk.

In my Somme(r) Pret reeks is Somme(r) Pret 1 en Somme(r) Pret 2 beskikbaar vir die grade. Dit bevat 30 wiskunde aktiwiteitsbladsye en kos R40. Dit is ook beskikbaar in Engels as “Number Ad(d)venture 1” en “Number Ad(d)venture 2”.

Somme 11Collages7

Lente Pret Graad 1 tot 3 bevat 10 aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede te oefen. Dit kos R9 elk en is ook beskikbaar in Engels

Die Robot Pret Graad 1 tot 3 bevat 10 aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede te oefen. En kos R9 elk. Dit is ook beskikbaar in Engels.

Dino Raaisels en Kop­krappers bevat 14 raaisels, logika en perseptuele probleme, almal rondom ‘n dinosourus tema vir die jongspan. Kom krap saam kop. Dit kos R11.
Dino voorbeelde

Reëndag Kop­krappers en logika speletjies bevat 9 raaisels, logika en perseptuele probleme om die jongspan besig te hou op reëndae. Kom krap saam kop. Prys: R8

Reendag

Reëndag Speletjies bevat 5 speletjies om die jongspan mee besig te hou op reëndae. Oefen so ook sommer bietjie optel, aftrek en datahantering. Speletjies in die pret­pak is ‘n diagonale speletjie en en langste optel en aftrek vir 2 spelers en geheime­kode ontsyfering en dinosourus grafiek vir alleen speel. Dit kos net R5.
speletjies
Pret met getalle bevat 8 speletjies vir 2 of meer spelers om optel / aftrek/ maal somme mee te oefen. Jy kies self aan watter vaardigheid julle wil werk. Die speletjies maak gebruik van 4 draaiers (spinners) om getalle tot 5, 6, 10 en 12 onderskeidelik kan draai. Gebruik die 5 en 6 draaiers vir jonger kinders wat nog met kleiner getalle werk vir optel/aftrek/maal en die 10 en 12 draaier vir ouer kinders wat al met groter getalle kan werk. Die pak sluit ook flitskaarte in wat in die plek van die draaiers of dobbelstene gebruik kan word. Al die wonderlike idees vir net R5
Pret met getalle vb

Daar is ook ‘n paar maaltafel speletjies beskikbaar, maar ek sal eerder meer daaroor deel as ek skryf oor die graad 4 en op produkte.

My kopieerboek: Drukskrif is 45 bladsye met kopieerwerk en aktiwiteite om drukskrif te oefen. Dit bevat onder andere teksverse, gedigte van Leipoldt, woordsoorte, Suid­Afrika se provinsies, en maande sowel as aktiwiteite soos doolhowe, teken en prente kopieer, patrone uitbrei en inkleur. Vir ouer kinders wat reeds lettervorming geleer het en hul drukskrif wil verbeter. Dit kos R30.

drukskrif vb1

Kolle­kuiken kry ‘n gesin is die verhaal van die kolganskuiken wat ons gesin gevind en groot gemaak het. Kom kleur self ons storie in, leer meer oor kolganse en geniet die 5 kolgansaktiwiteite. 54 bladsye teen R30.

collages9

En dan sommer net ‘n gratis produk om getal begrip uit te brei:

Getal van die dag

Daar is ook 2 gratis inkleursom prente.