Ek het reeds met julle gedeel watter produkte ek tans vir voorskool beskikbaar het. Vandag wil ek fokus op dit wat beskikbaar is vir graad 1 tot 3. Konkrete leer bly ongelooflik belangrik vir die ouderdom kinders. Moet dus nie te veel op werkvelle fokus nie en hou altyd apparaat (soos tellers, blokkies, krale) naby om mee te werk. Lees voort
Graad 2
Grondslagfase produkte
V&A: Waar begin mens?
Ek kry dikwels navrae via die blog en het gedink om van die antwoorde met julle te deel.
Ek is tans besig om tuisskool te ondersoek. Ek wil definitief my kinders tans in Gr 2 en 3 uit die skool uithaal en begin tuisonderrig. So, ek is besig om na al die verskillende opsies te kyk. Sou ek die Somme(r) Pret reeks, Lente pret pak en Robot pret pakke bestel, sou dit kwalifiseer as genoegsame Wiskunde vir die jaar, of moet ek steeds na ‘n ander kurrikulum ook kyk? En wat sou jy voorstel? Lees voort
Ons 2017 hoogtepunte
Ons jaar het weer afgeskop met ons nuwe jaar vieringe.
Op ons boekrak 2017
Die jaar het ons weer lekker gelees. Dit bly my verstom dat ons 4jarige so kan saam sit en luister. Dis net met die Engels lees wat sy my bietjie gek maak, want sy stop my kort-kort om te vra wat ‘n woord beteken. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke).

Ouma lees vir die rakkers
Leeslys van ‘n 8 jarige dogter
Kinders is so verskillend, ook wat hul lees vermoë en belangstelling in boeke aanbetref. Maar dalk gee die tog vir ander idees vir moontlike leesstof.
Hier is die Afrikaanse boeke wat ons 8 jarige meisiekind die jaar gelees het. Haar lys is moeilik want sy lees ook hope korter boeke en stukke uit boeke soos die Collier’s Junior Classics en het al ‘n paar keer al die Storiemuis boeke gelees (die oorspronklike weergawes). Sy lees ook elke dag uit haar Bybel en hou daarvan om stories waarvan sy hou oor en oor te lees. Sy’s ‘n vroeë leser wat net nooit genoeg kan lees nie. Sy’t haarself leer lees in Afrikaans en Engels. Lees voort
‘n Tydlyn vir lewende geskiedenis
Ons volg ‘n lewende boek benadering van leer. Die voorlees van goeie lewende boeke vorm dus die ruggraat van hoe die kinders leer. Dit is ongelooflik hoe baie feite kinders leer uit stories wat ‘n historiese agtergrond het. (Dieselfde geld natuurlik van die natuur, ons wêreld – aardrykskunde ens.). Lees voort
Raak Vry (vervolg)
Ek het reeds geskryf oor hoe ons ons kan los maak van die klaskamer mentaliteit. Vir baie maak dit s’n ten opsigte van lees en skryf, maar dan kom die vraag altyd: Wat van wiskunde? Ons kan tog mos nie net wiskunde los nie! Lees voort
Raak Vry
Ek besef elke dag meer en meer dat ons siele wat ons kinders tuisonderrig ons moet vrymaak van die skool manier van dink. Ons het nie ‘n klaskamer vol kinders wat ons moet bestuur nie. Ons word nie geëvalueer op die klas se vordering nie. Ons is nie ingeperk tot vier mure en droë handboeke nie. Hoekom op aarde sal ons ons kinders leer soos wat onderwysers dit doen? Meeste onderwysers sou immers self dit anders wou doen as wat daar van hulle wag word. Hulle kan net droom van die vryheid wat ons het. En tog is ons so onwillig om dit te benut. Lees voort
Nog wetenskap pret
Ons het die laaste 2 kwartale meer gestruktureerd probeer werk tydens ons Wetenskap Maandae. My vriendin wat meer biologie agtergrond as ek het het met die kinders “Exploring Creation with Human Anatomy & Physiology” begin behandel.
Somme(r) Pret: Watter graad?
Die een vraag wat ek konstant kry vandat die Somme(r) Pret reeks beskikbaar is is vir watter graad is die verskillende boeke geskik.