Die jaar het ons weer lekker gelees. Dit bly my verstom dat ons 4jarige so kan saam sit en luister. Dis net met die Engels lees wat sy my bietjie gek maak, want sy stop my kort-kort om te vra wat ‘n woord beteken. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke).
Ek moet erken dat ek minder voorgelees het die jaar as gewoonlik. Met die oudste 2 wat ‘n hond uit ‘n bos uit gelees het was daar net nie soveel tyd vir voorlees nie (hulle eie leeslyste is by “leeslys van ‘n 10 jarige seun” en “leeslys van ‘n 8jarige dogter“. Ek het wel heelwat meer vir ons jongste gelees, maar dis kort stories (alhoewel dit mos dieselfde storie oor en oor is). Wat wel interessant was is hoe die oudste 2 nader gehol het as ek een van ons eie kleuterboeke voorgelees het vir haar. Duidelik bring dit goeie herinneringe terug.
Die boeke wat ek vir ons 10 (knaap), 8 en 4 jarige (meisiekinders) gelees het was:
Wind in die wilgers – Kenneth Grahame
Speurders op ouplaas – E. Pieterse
Operasie Blou Disa – Kowie Rossouw
White Fang die wolfhond (Libri-reeks) – Jack London
Die seerower van Cadiz: Die skipbreukeling (Deel 1) – Nickey van Schalkwyk
Jacques Roux se vuurdoop op Ceres – Kowie Rossouw (Die aardbewing van 1969)
Kees – Hobson
Alex swem stroom-op – Tessa Duder ( Dit handel oor die harde werk en opoffering wat daarin gaan om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele. Ek moes wel ‘n paar soen en vroetel tonele sensor vir my jong gehoor)
Woesyngevangene – Andrea Abbott
Anderkant die grootrivier – Pieter Pieterse
Die Tweeling trek saam – MER (Storie oor die groottrek, hou maar die snesies reg vir die einde)
Mof en sy mense – Langenhoven
Perd van die plato – A. Spence
Kriek-hulle – Anna Rothmann
Kambro-kind – FA Venter (‘n outobiografie oor sy kinderjare)
Die groen ghoen – PH Nortje
Wielie Wimpie Wim – Meindert DeJong
Pels – Ben Venter
Die kokkewiet en sy vrou – Freda Linde
Rommel – Johann Bekker
Die skoenlapperleeu – Michael Morpurgo (ek het nie die einde vir hulle gelees nie. In die deel kom dit uit dat die vrou wat die storie vir die seun vertel lankal dood)
Boetiebossie – Lucas en Annico van Vuuren
Dirkie, Drieka, Frederika – Franci Greyling (Boereoorlog)
Seile na die suiderland – George P. Leighton
Redding in die reën – Jenny Seed (Natalse oorstromings van September 1987)
‘n Perd soos Prins Panga – S. Badenhorst
Geheim van die kleipot – Emily Pieterse
Skateiland – RL Stevenson
Die reis na Frigidus – JA Brown
Die reis na Robeiland – JA Brown
True survival stories – Jack Monroe
7 Responses
[…] gunsteling voorlees boeke die jaar was (in geen spesifieke volgorde): White Fang die wolfhond (Jack London), Die tweeling trek saam […]
[…] stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014, 2015, 2016 en 2017 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die boeke/temas wat ons geniet het soos die […]
[…] kort-kort vrae oor wat iets beteken. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2017 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke. En dit wat die oudste 2 self gelees het die […]
[…] leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] wat meer op haar vlak is. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2019, 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] gelees die jaar. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2020, 2019, 2018, 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende […]
[…] stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014, 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020 en 2021 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die boeke/temas wat ons […]