Ek was nog altyd ‘n boekwurm. Vra maar my familie. Natuurlik wil ek graag die liefde vir lees vir my kinders ook leer. Daar is geen beter manier om dit te doen as om vir hulle voor te lees nie.
My 8 jarige is ‘n goeie voorbeeld daarvan, maar meer daaroor op ‘n ander dag.
So lees ek al vir jare elke dag vir hulle voor. Wel gewoonlik meer as een keer ‘n dag. Ek probeer immers om ten minste ‘n uur dag vir hulle te lees. Ons het al die wonderlikste boeke saam ontdek. Dit is egter eers ‘n paar jaar terug wat ek gehoor het van lewende boeke (living books). Dit is stories wat meer as net ‘n storie is. Dis stories waaruit jy iets leer van iets of iemand, ‘n plek of geskiedkundige gebeurtenis. Interessant genoeg is dit gewoonlik die stories wat meeste mense in elk geval die meeste interesseer, want dit is stories wat geskryf is deur iemand wat ‘n passie vir iets het. Iemand wat geskryf het oor iets wat vir hulle van waarde is.
Dis eers onlangs wat ek egter besef het dat dit is hoe my kinders die beste leer ook. Ons lees ‘n ongelooflike storie, dit vang hul verbeelding vas en dan wil hulle meer daaroor weet. So begin ons ontdekkingstog in iets nuuts. Die wonderlike ding van die stories is dat dit hul geïnteresseerd kry in dinge wat nie in hul elke dag se lewe is nie. Ek is mal daaroor.
Ek het al verskeie stukke geskryf oor die boeke wat ons lees. ‘n Lys van wat ons in 2013, 2014, 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020 en 2021 gelees het. Ek het ook al geskryf oor party van die boeke/temas wat ons geniet het soos die geskiedenis rondom Jan van Riebeeck, Swede en kamele.
Soos ons jaar lys, wat groei deur die jaar, het ek besluit wil ek ook ‘n lys hier begin met lewende boek wat ons geniet het. Kom loer dus van tyd tot tyd in. Daar sal beslis nuwe boeke bygevoeg word. Ek hoop dat daar ander boekwurms is wat ook van die boeke saam met ons sal geniet. Die ouderdom is net hoe oud die jongste van my kinders was toe hulle dit geniet het (8 jaar + beteken dus bloot dat my 8 jarige dit geniet het en dat ouer kinders dit ook mag geniet).
Aardrykskunde (lande van die wêreld)
– Rondom die wêreld in tagtig dae (6 jaar +) – Jules Verne (Ons het net die verkorte weergawe gelees – ek soek nog na die volledige vertaling) (In Engels Around the world in 80 days)
– Nils Holgersson se winderbaarlike reis (6 jaar +)– Selma Lagerlof. ‘n Ongelooflike kykie in Swede, hul diere- en plantelewe, kultuur, legendes en bygelowe.
– Marianna Brandt se “Om die wêreld” (5 jaar +)
– Johanna Spyri se “Heidi”(4 jaar +). Die storie is soveel beter as die DVD’s met ‘n baie meer geestelike boodskap.
– Vuurwa-taxi: toer ontvoer – Anneline De Hout(7jaar+). My 7 en 9 jarige het die boek sommer self gelees en ons het dit toe bespreek. (Daar is ook ‘n studiegids ekstra beskikbaar vir ouer kinders) Gegrond op ‘n ware verhaal. Leer meer oor Egipte en dis ook ‘n wonderlike geleentheid om met jou kinders oor God se beskerming en ingryping te praat.
– Op die agterpaaie – Dana Snyman (8 jaar+). Reis deur al die klein plekkies in ons land saam met Weg! joernalis Dana Snyman.
– Die huis langs die silwer meer- Laura Ingalls Wilder (8 jaar +). Beskryf Laura se grootword jare. Die boek speel af in 1879–1880 in Dakota en hoe die dorp de Smet tot stand gekom het.
– Die goeie, goue jare” – Laura Ingalls Wilder (9 jaar +). Beskryf hoe Laura begin skoolhou op amper 16 jaar tot haar en Almanzo Wilder se troue. Meer oor hoe die Amerikaners setlaars weswaarts getrek en geleef het (Soort gelyk aan die tydperk van die groot trek)
– Farmer boy – Laura Ingalls Wilder (9 jaar +). Beskryf Almanzo (Laura se man) se grootword jare in New York in die 1890’tigs
– Ngesomit – Sangiro (9 jaar +) – Lewe in Tanzanie in die vroeë 1900’s
– Safari – Sangiro – (9 jaar +) Jag in oos afrika in die vroeë 1900’s
Die diereryk
Insekte
– Kriek-hulle – Anna Rothman (6 jaar+). Nog ‘n wenner van Anna Rothman die keer oor insekte en paddas.
– Die byeboere van more (6 jaar +) – Richen Marais
Voëls
– Kraai-hulle – Anna Rothman (6 jaar+). Die boek is in ‘n vertel trant geskryf oor interessante voëls van ons land
– Die kokkewiet en sy vrou – Freda Linde (8 jaar +)
– “Die Rooi Haan” (7 jaar +)- Freda Linde. ‘n Storie oor hoenders
– Marianna Brandt se “Diva Veronica“ (5 jaar +) (gegrond op die ware verhaal van ‘n hoenderhen)
– Die Eerste Prys (8 jaar+) – CS Badenhorst
Diere
– Koningskind (6 jaar +) – Anita du Plessis. Die storie word vertel uit die oogpunt van ‘n jong Engelse bulhond. Dis nogal humoristies hoe die hond se weergawe van gebeure verskil van hoe sy huismense dit ervaar. Beide my kinders was gek oor die storie
– Baron Buksie (6 jaar +) – Wille Martin. Nog ‘n storie uit die oogpunt van ‘n hond, die keer ‘n worshond. Dit beskryf die verskille tussen kat en hond gedrag baie goed.
– Marianna Brandt se “Die avonture van Magrietjie swaaiboude“ (5 jaar +) (gegrond op ‘n ware verhaal van ‘n gidshond)
– White Fang die wolfhond (Libri-reeks) – Jack London (8 jaar+). ‘n Ongelooflike storie oor wolwe gedrag. Die storie speel af in die Yukon en Noordwes gebiede van Kanada gedurende die 1890 se Klondike “Gold Rush”.
– Rommel – Johann Bekker (8 jaar +) Oor ‘n Rottweiler
– Bambi (6 jaar +)– Felix Salten. Dit is ‘n ongelooflike mooi lewende boek oor die diere, hul gewoontes en die woud. Buiten dat die boek in ‘n woud afspeel en handel oor ‘n bokkie met die naam Bambi is daar nie juis ooreenkomste met die Disney weergawe van die storie nie. Dis ‘n pragtige boek, wat kinders se verbeelding aangryp.
– Die vernuftige verkleurmannetjie (5 jaar +) – Charles de Villiers. Dis ‘n baie kort boek, maar ‘n mooi lewende boek oor verkleurmannetjies.
– Die swart hings (6 jaar +) – Anna Sewell
– Helde met hoewe – Dapper; Fleur; Bokkie – Juliette Whelpton (9 jaar +) – Boereoorlog 1900. Historiese avontuurverhale wat uit die bekke van die perde van generaals Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Louis Botha vertel word
– Freda Linde se “Die Singende Gras” (7 jaar +) (ons knaap het die boek baie geniet). Dit speel in Namibië / Suidwes-Afrika af en volg die reis van ‘n seun saam met ‘n kameel en hoe hy oorleef in die veld.
– “Die Natuurbilioteek: Die eekhoring” (5 jaar +)– ‘n lewendeboek oor eekhorings , “Die krimpvarkie” (5 jaar +) Die boeke in die reeks is fantasties. Deur die storie leer mens baie van die betrokke dier, hulle gedrag, eet en lewensiklus. Die kinders was mal daaroor (daar is ander titels in die reeks wat nie by ons biblioteek beskikbaar was nie)
– Maartens se “Wonderlike Ware Dierestories“ (5 jaar +). ‘n Hele versameling van diere verhale gegrond op werklike gebeurtenisse.
– Nikki Berry se “Houdini se avontuur” (4 jaar +). Die storie van Houdini die seekoei. Dis gebaseer op ‘n ware verhaal
– “Striep” (5 jaar +) van Henk Figee. ‘n Storie uit die oogpunt van ‘n kat.
– Richard en Florence Atwater se “Meneer Popper se Pikkewyne”(4 jaar +)
– Elmarie Botes se “Jabulani die olifant”(4 jaar +) en “Velaphi die pikkewyn”(4 jaar +)
– Winckler en Marais se “Seerbekkie”(4 jaar +) en “Klein bokkie”(4 jaar +)
– Klaasneus-hulle – Anna Rothman (6 jaar+). Nog ‘n boek in vertel trant oor diere van ons land soos die rooikat, krimpvarkie, ystervark, broekmannetjie en vele meer.
– Klein wilde sjimpansee (5 jaar +) – Anna Michel
– Kees – Hobson (8 jaar+) Stories oor bobbejane en rooijakkalse in die kalahari
– Pels – Ben Venter (8 jaar+) Storie oor otters
– Werfjoernaal – FA Venter (9 jaar +) – 1960’tigs in die Noordkaap. Pragtige beskrywings van die diere en plante lewe van die area
– Simba – Sangiro (9 jaar+) – Die verhaal van ‘n klein leeutjie in Oos-Afrika in die vroee 1900’s
– Die Swerwerhond (9 jaar +) – C.R.deW. Van Wyk – Storie van ‘n windhond wat wild grootword.
– Kringe in ‘n bos (14 jaar+) – Dalene Matthee – Leer van die Knysnabos, olifante, goud delf en natuurbewaring
– Hy praat met diere (10 jaar+) – Konrad Lorenz
Suid-Afrikaanse geskiedenis
Vroeë geskiedenis
– Caravel to the Cape – Eve Merchant (10 jaar +) – Bartolomeu Dias se ontdekkingstog rondom die Suid-punt van Afrika in 1488
– Spore uit fort Sandenburg (10 jaar +) – Die verhaal speel af rondom die stranding van die Niew Haerlem in 1647
– Stowaway to nowhere – Jenny Seed (10 jaar +) – Speel af in die tyd van Jan van Riebeeck en die bou van die fort
– James Home se “Hendrik Leerdam – Seereis na die kaap“ (5 jaar +). Die reis saam met Jan van Riebeeck uit die oogpunt van ‘n jong seun aanboord.
– Marianna Brandt se “Die stoutsterte van Texel tot Tafelbaai”(4 jaar +) en “Die stoutsterte, Poot aan wal” (4 jaar +)– 2 Heerlike stories met so bietjie geskiedenis van Jan van Riebeeck se vaart na die kaap en die eerste maand in die kaap.
– Liz de Groot se “Die Avonture van Pol en Jan van Riebeeck” (5 jaar +)
– Die seun in die pad – Pieter W. Grobbelaar (9 jaar +) – Speel af tydens die vestiging van die nedersetting in die kaap tydens Jan van Riebeeck se tyd
– Die vlugteling Andre de la Fontaine – Japie Coetzee (10 jaar+) – Speel af in die tyd van WA van der Stel in Stellenbosch.
– Vryburger Tas – Dan Sleigh – Die lewe van Adam Tas (en WA van der Stel) Tydperk rondom 1705/6.
– Onheil vir die Meermin – Japie Coetzee (1766, stranding op Madagaskar, slawe aankope vir die kaap)
– Die Jaar Een (8 jaar +) – Jenny Seed – Die vroee settellaars in Natal
1800-1830
– Kinders van Orion (7 jaar +) – Mike Heine. ‘n Verhaal rondom John Ross wat van Zululand na Delagoa Bay (Maputo) en terug geloop het.
– Stem van die groot olifant (8 jaar +)– Jenny Seed (Die storie speel af in Sjaka se stat en is ‘n heerlike manier om meer te leer oor die Zoeloe gebruike van daardie tyd. Ek kon nie vinnig genoeg na my knaap se s’n die boek lees nie.
Groot trek
– Wit oemfaan, Die Avontuur van Paulus van Gass (8 jaar +) – FA Venter . Die boek is gebaseer op ‘n ware verhaal wat afspeel tydens die Groot Trek. Dit was perfek vir my amper 8 jarige wat op die oomblik gek is oor oorleef. Die boek bied ‘n baie gebalanseerde weergawe van hoe die Groot Trek van beide Voortrekker en Zoeloe kant gesien is)
– Anderkant die berge (8 jaar +) – Helene Roux . ‘n storie wat tydens die Groot Trek afspeel)
– Die onbekende land (9 jaar + Selflees) – Jenny Seed.
– Die Tweeling trek saam – MER (8 jaar +). Die storie speel tydens die groot trek af (1837-1838). Wonderlik vertel maar hou die sneesdoekies naby aan die einde
– Geknelde land – FA Venter (9 jaar +) – Groot trek 1835 (Redes vir die trek)
– Offerland – FA Venter (9 jaar +) – Groot Trek 1836 (Trek tot dood van Piet Retief)
– Gelofteland (11+) – FA Venter – Groot Trek Bloedrivier
– Oor die nek van die draak (11+) – Maretha Maartens
– Kronieke van die sewe blou waens: Die kort lewe van Gert Maritz (13+) – Margaret Bakkes. Die lewens verhaal van Gerhard Maritz
1840-1900
– Jock van die Bosveld (6 jaar +) – hervertel deur Phillida Brooke Simons (‘n Goeie weergawe van die ou bekende storie van Jock met interessante brokkies tussen in om gebeure beter te verduidelik)
– Jock van die bosveld (Libri-reeks) (6 jaar +) – Sir Percy FitzPatrick laat 1800’ in die bosveld
– Die pad oor die berg kom huis toe (9 jaar +) – Kowie Rossouw – speel af rondom die bouwerk aan die Swartbergpas (1881 and 1888)
– Geliefde Generaal (11+)– Pieter W. Grobbelaar – lewens verhaal van Generaal JBM Hetzog 1866 – 1942
Boereoorlog
– Nag op Spioenkop (7 jaar +) – Jenny Seed. Die storie speel rondom die geveg van Spioenkop af.
– Dirkie, Drieka, Frederika – Franci Greyling (8 jaar+) Boereoorlog storie
– Helde met hoewe – Dapper; Fleur; Bokkie – Juliette Whelpton (9 jaar +) – Boereoorlog 1900. Historiese avontuurverhale wat uit die bekke van die perde van generaals Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Louis Botha vertel word
– Kaptein Gereke – Mikro (9 jaar +) – Fiktiewe verhaal wat afspeel teen die agtergrond van die Angloboereoorlog
– Ruiter in die nag – Mikro (7+)– Fiktiewe verhaal wat afspeel teen die agtergrond van die Angloboereoorlog
– Place among the stones – Jenny Seed (10 jaar+)– Die beleg van Mafikeng van Oktober 1899-Mei 1900 tydens die Anglo-boere oorlog
– Die Nagberg – Grobbelaar (10 jaar+)– Eerste Vryheidsoorlog, Louw Wepener
– Die kinders en die veldkornet – Pieter W Grobbelaar (10 jaar+) – Speel af tydens die Anglo-boere oorlog
– Geliefde Generaal (11+) – Pieter W. Grobbelaar – lewens verhaal van Generaal JBM Hetzog 1866 – 1942
– Held van Colenso – CJ Scheepers Strydom (Generaal Louis Botha se lewensverhaal – Hierdie is nie ‘n lewendeboek, meer ‘n geskiedenisboek, maar dis interessant om die Angloboere oorlog en die politiek daarna uit ‘n 2de oogpunte te bekyk)
– Die Stellalander – HS van Blerk (12jaar+) – Avontuur verhaal wat afspeel teen die agtergrond van die Boereoorlog
– Beleg van Ladysmith – Jenny Seed (12jaar+) – Tweede Boereoorlog uit die Engelse perspektief
– Heldin uit die Vreemde – Rykie van Reenen – die lewe van Emily Hobhouse. Dit is nie regtig ‘n lewenede boek nie. Stukke lees meer soos ‘n geskiedenisboek en is droog, terwyl ander dele wel interessant is.
1900 +
– Die raaisel van die SS Waratah en die avokadoboom (6 jaar +) – MJ Honikman, Die verdwyning van die SS Waratah in 1909 in storie vorm. Die karakters in die storie “leer” kinders mooi hoe mens navorsing doen oor iets waarin jy belangstel. Ons het seker ‘n goeie 2 dae spandeer om meer oor die Waratah en sy verdwyning op te lees. Veral ons 8 jarige wou weet of hulle nie intussen die wrak gevind het nie.
– Die Wildedruif val – PH Nortje (9 jaar +) – 1916 vloed in Baviaanskloof
– Mof en sy mense – Langenhoven (8 jaar +). Speel tussen 1918 en 1919 af tydens die groot griep en droogte.
– Die Reisiger – Karl Schoeman. Leipoldt se reis op Pulitzer se seiljag, Liberty
– Kambro-kind – FA Venter (8 jaar+). FA Venter vertel van sy jong jare in die Karoo. Hy deel onder andere van die groot griep van 1918, die Groot Armoede van 1933.
– ‘n Roofvoel uit die ooste – Rona Rupert (9 jaar +) – Hoe die Tweede Wereld oorlog in SA beleef is
– Jacques Rouw se vuurdoop op Ceres – Kowie Rossouw (8 jaar+). Speel tydens die 1969 aardbewing op Ceres af
– Grenswag – HJ Vermaas. Speel af teen die agtergrond van die grensoorlog. 1970-1980
– Vryheidsvlug – Kobus Bezuidenhout. Speel in 1976 af teen die Grensoorlog.
– Redding in die reën – Jenny Seed (8 jaar +) Natalse oorstromings van September 1987
– Drie jong jagters, Op die klein spoortjies, Fanie se veldskooldae (8 jaar +)– PJ Schoeman. Stories wat die kinders leer van die lewe op plase vroeër jare.
2000+
– Anderkant die groot rivier – Pieter Pieterse (8 jaar+) – ’n avontuurverhaal wat op Pieter Pieterse se eie jeugervarings gegrond is toe hy oral in die land en naburige lande saam met sy pa gaan jag het. Leer van die destydse plaaslewe, die bosveld en jag.
– Suid-Afrikaanse helde en ikone (7 jaar +)– Wendy Maartens. ‘n Versameling verhale oor helde en ikone van ons land uit verskillende kulture. Heerlike blootstelling vir ons kinders aan die mense van ons reënboog nasie.
Wêreld Geskiedenis
1ste eeu
– Daar het ‘n ster verskyn – Karl Kielblock (9 jaar+) – Speel af teen die agtergrond van Jesus se geboorte en die wyse manne se reis na Bethlehem
1500’s
Hart van die Son – Karel Schoeman (13+): Die lewe van William Shakespeare
1600’s
– Lig in die donker – Karl Schoeman (10 jaar+) – Die lewe van Rembrandt van Rijn
1700’s
– Alleen op ‘n verlate eiland – Ginny McReynolds (10 jaar+)- Die verhaal van Alexander Serkirk (op wie Robinson Crusoe gebaseer was)
– Die Groot Kaptein – K.Lütgen (boek oor James Cook se reise)
1800’s
– Die Walskonings – Karel Schoeman (11 jaar+) 1825-1930: Die lewe en werke van die Strauss gesin (hoof fokus op Johann Strauss II, maar handel ook oor Johann Strauss I, Josef Strauss en Eduard Strauss.). Die politiek in Europa in die tydperk, 1ste Wêreld oorlog agv die sluipmoord op Frans-Ferdinand en sluit af met verwysing na die 2de wêreldoorlog waartydens Russiese troepe die Strauss paleis plunder.
– Marie: Skipper om Kaap Hoorn – Leigh Merrell (13+) – 1856: Die storie van die 19 jarige vrou van die kaptein wat die kipper om Kaap Hoorn moes seil omdat haar man siek geword het.
Eerste wêreld oorlog
– Oorlogsperd – Michael Morpurgo (10 jaar+)– Die eerste wereld oorlog soos gesien deur die oe van ‘n perd
– Soldier dog – Sam Angus – Honde wat in die 1ste wêreldoorlog gebruik is om boodskappe te stuur
Tweede wêreld oorlog
– Going Solo – Roald Dahl (10 jaar+)– Sy outobiografie as vegvlieënier tydens die die 2de wêreld oorlog.
– Boris – Jaap ter Haar (10 jaar+)- Die beleg van Leningrad tydens die Tweede wereld oorlog
– Vlug in die Namib – Henno Martin (8 jaar+): Ware verhaal van 2 Duitse geologie in Suidwes (Nambie) besluit om uit vrees vir internering eerder in die Namib weg te kruip met die uitbreek van die Tweede Wêreld oorlog. Hulle oorleef 2 en ‘n half jaar in die woestyn. Die skrywer filosofeer baie, wat nog bo my 8 jarige se vuurmaak plek was, tog het sy steeds die storie geniet.
– My vyand, my vriend – Antoine Reboul – ‘n Klein groepie manne wat wagposte in die Poolgebied moet gaan stig tydens die tweede wereld oorlog
1900+
– Escape from the island of ice – Philippe O’Grady (10 jaar+)- Die verhaal van Ernest Shackleton se ekspedisie na Antartika
– Sergei (ook beskikbaar onder die titels “Forgive me, Natasha” en “The Persecutor”) (10 jaar+) – Sergei Kourdakov – Die outobiografie van Sergei Kourdakov wat groot geword het in die Russiese maatskaplike stelsel. Hy word ‘n kommunistiese jeug leier wat Christene vervolg as deel van ‘n spesiale taakspan van die KGB. In 1971 ontsnap hy egter uit Rusland en word ‘n evangelis wat die ondergrondse kerk in Rusland help. (Die boek beskryf van die vervolging van Christene en mag ontstellend vir jong lesers wees. Oordeel dus eerder self op watter ouderdom jy dink dit geskik sal wees vir jou kinders)
– Nightmare in a sea of mud – Gerald Garibaldi (10 jaar+)- Die verhaal van die heldedaad van Graham Robson in 1976 (Australië)
– Head-on with hurricane Camille – George Cory (10 jaar+) – Oor orkaan Camille in 1969
– God se smokkellaar – Broer Andrew (8 jaar+) – Die verhaal van ‘n Nederlander wat Bybels in die oosbloklande ingesmokkel het
Ander
– ‘n Tent vol sterre” (5 jaar +) van Keith Osler Anderson – ‘n heerlike storie oor die lewe in die sirkus
– Alex swem stroom-op – Tessa Duder (gesensor 8jaar+). Die fiktiewe storie speel in 1959 in New Seeland af. Dit handel oor harde werk en opoffering wat daarin gaan om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele (Tessa Duder was self ‘n swemmer vir New Seeland wat aan die Commonwealth Games deelgeneem het). *Daar was ‘n paar verwysings na soene en gevroetel tussen Alex en haar kêrel wat ek nie gevoel het geskik was vir ‘n jonger gehoor en uit gelaat het tydens voorlees.
– True survival stories – Jack Monroe (8 jaar+) – Ware verhale van oorlewing.
– Boy – Roald Dahl (10 jaar +) – sy outobiografie oor sy kinderjare
– Die Sirkus kom – Noel Streatfield (6 jaar+) – Oor die lewe in die sikrus
– Net een oorleef – Jenny Tripp (10 jaar+) – ‘n Verhaal oor oorlewing in die amasone woude
– Christo de Lange – Leerling Vlieënier; Vegvlieënier en Majoor Christo De Lange: Toetsvlieënier – Simon van Garderen – oor vliegtuie deur ‘n vegvlieënier geskryf
– Vonk: Vondeling van die Duine – Jan J van der Post (12 jaar +) – Leer meer oor die lewe in die kalahari woestyn en die kultuur van die San.
– T’sats van die Kalahari; T’sats, Grootste van die Groot Jagters en T’sats se wraak – Willem D. Kotzé – Leer meer oor die lewe in die kalahari woestyn en die kultuur van die San.
– Die walvisjagtertjie (9 jaar +) – Peter Freuchen – Leer meer oor hoe walvisse gejag is
Ek het dit net so geniet om vir my kinders te lees. Dit was spesiale tyd saam. As ‘n mens saamlees sit jy mos styf teen mekaar. Heidi was darem een van my grootste gunstelinge oor baie jare.
Ek dink lees is juis so goed vir kinders se ontwikkeling, omdat dit daardie spesiale saam wees tyd is. Dit gaan nie net oor stories en woordeskat, verbeelding en inligting nie.
Baie dankie vir die moeite om hierdie met ons te deel. Dit help baie vir ons “nuwe” mammas wat graag vir ons kinders wil begin voorlees, maar nie altyd weet wat nie.
Hoop julle geniet die boeke net so baie soos ons
Ek is soooooo dankbaar vir jou lys van boek!!!! Ek het so jaar of wat terug Five in a row gekoop, maar kon dit nog nie lekker vir my 6 en 7 jarige aanwend nie en was op soek na Afrikaans titles. Dis endeavour dankies!
Ekskuus, die Auto correct, het my Duisende Dankies in een of ander endeavour verander 🙂
Dis super snaaks. Hoe dit van duisend dankies by endeavour uit kom sal net ‘n blikbrein weet!
Thank you so much for this amazing effort! And sorry for the English, but that is why I am commenting. Besides wanting to thank you, I also wanted to ask you to consider making a list for those whose Afrikaans is not first language. In my case the Afrikaans comes from pappa and I would like my boys to still learn it… even if I am not fluent. Thank you
Hi Filipa, what I see with reading to mine in English is that (especially when they are younger) I need to read books about a year or two below their age. I also need to keep reading session short as they need to concentrate more than when I read in Afrikaans. As they’ve gotten older I can read more on their age level. I would also suggest that you get pappa to read to them in Afrikaans or add some Afrikaans audio books (which help with the pronunciation). Luckily there is loads of audio books for us to listen to in English, but your Afrikaans options is a bit more limited. You can look at Storiemuis (if they are younger) or Storieman (if they are older) or try Anna Emm and https://www.luistervinkstories.com/
Ok, great. Thank you
X
Jinne, maar dit is nou ‘n Kersgeskenk vir ‘n mamma! Dit is ‘n wonderbaarlike lyk. Dit is seker ‘n simpel vraag, maar waar op aarde het jy al hierdie boeke in Afrikaans afgekom? Ek is seker hulle is so skaars soos hoendertande. Die bibilioteek? So baie dankie vir hierdie fantastiese lys.
Groete
Suzanne
Baie van die boeke het ons by die biblioteek uitgeneem (jy moet egter ook in die volwasse afdeling snuffel, want als is nie in die kinderafdeling beskikbaar nie). Dit is hoekom dit my so hartseer maak dat ons biblioteke besig is om al meer van die boeke tot niet maak om plek te maak vir nuwe boeke.
Verder is ek maar altyd opsoek na tweedehandse boeke en m vriende en familie vul die versameling mooi aan (waaroor ek tog te dankbaar is!)
Sjoe baie dankie, ek baklei kort kort teen die gedagtes dat ek nie genoeg doen. of my tyd mors om in Afrikaans dieselfde te probeer regkry as wat mens alles in ENgels kan kry.
My kinders geniet die living books ook baie meer, so wou graag so probeer om hulle feite en geskiedenis veral aan te leer.
niemand verstaan wat ek wil doen want ek’s ‘n eerste geslag tuiskoler (aan albei kante) so jy bly voel jy vaal iewers haha.
maar baie baie dankie vir die lysie, dit gee my soveel hoop weer!
Ja, ongelukkig omdat ons soveel minder siele is wat in Afrikaans tuisskool is daar nie altyd alles beskikbaar wat daar in Engels is nie. Tog vind ek dat daar meer en meer hulpbronne begin beskikbaar raak soos wat meer van ons dit doen. Soms moet ons ook maar net inspring en doen wat ons kan.
Ek is bly as die lys julle kan help. Ek het dit juis begin sodat ander ook kan baat vind by ons ontdekkingsreis. En elke jaar ontdek ek nog boeke. Daar is nie soveel waarvan ons nie weet nie. Om nie te praat van boeke wat net nie vrylik meer beskikbaar is nie.