Posts Tagged With: boeke

Somme(r) Pret is hier!

Ek is so opgewonde. My splinter nuwe wiskunde aktiwiteitsboeke, Somme(r) Pret, is hier! Ek is seker my kinders het lankal besluit ek gaan nooit hiermee klaar kry nie.

IMG_2138

Die boeke kos R60 elk (posgeld uitgesluit). Vir meer inligting oor die boeke gaan na  https://lomi.co.za/sommer-pret/.

Bestel enige van die Somme(r) Pret boeke voor die vakansie (30 September 2016) direk by my en ontvang ‘n gratis digitale Robot Pret-Pak per e-pos (in pdf formaat). Die pret-pak bevat 15 robot aktiwiteite, onder andere my kinders se 10 gunsteling tipe aktiwiteite uit Somme(r) Pret 1 en 2, ‘n woordsoek, raaisel en inkleurprent.

pret pak 1

Sou u belangstel om ‘n bestelling te plaas, vul asb. die Bestelvorm  in en stuur dit saam met u bewys van betaling (totale bedrag van u bestelling), aan my by info@lomi.co.za. Vind asb. die Bankbesonderhede op die Bestelvorm.

Advertisements
Categories: Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,, | Lewer kommentaar

Die wonder van lewende boeke

Ek was nog altyd ‘n boekwurm. Vra maar my familie. Natuurlik wil ek graag die liefde vir lees vir my kinders ook leer. Daar is geen beter manier om dit te doen as om vir hulle voor te lees nie.

My 8 jarige is ‘n goeie voorbeeld daarvan, maar meer daaroor op ‘n ander dag.

So lees ek al vir jare elke dag vir hulle voor. Wel gewoonlik meer as een keer ‘n dag. Ek probeer immers om ten minste ‘n uur dag vir hulle te lees. Ons het al die wonderlikste boeke saam ontdek. Dit is egter eers ‘n paar jaar terug wat ek gehoor het van lewende boeke (living books). Dit is stories wat meer as net ‘n storie is. Dis stories waaruit jy iets leer van iets of iemand, ‘n plek of geskiedkundige gebeurtenis. Interessant genoeg is dit gewoonlik die stories wat meeste mense in elk geval die meeste interesseer, want dit is stories wat geskryf is deur iemand wat ‘n passie vir iets het. Iemand wat geskryf het oor iets wat vir hulle van waarde is. Lees voort

Categories: Ons lees | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,, | 13 Kommentaar

Nils en Swede

So loop ek Selma Lagerlof se Nils Holgersson se wonderbaarlike reis in die biblioteek raak. Ek is in reuse tweespalk. Moet ek die boek uitneem of nie?! Ek lees immers nie vir die kinders boeke met feetjies, kabouters, meerminne, hekse of enige vorm van toorkuns nie. En die boek gaan immers oor ‘n kabouter. Tog neem ek dit op die ou end uit en ons begin dit lees.

Die storie is ‘n ongelooflike lewende boek oor die kultuur, legendes en natuurlewe van Swede. Ek kan verstaan dat dit ‘n Nobelprys gewen het. Dit is wel ‘n goeie honderd jaar te vore geskryf, maar dit gee mens blootstelling aan Swede op ‘n manier wat jy nooit sou kry sonder om self daar te woon nie. Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, Ons lees | Sleutelwoordw: ,,,, | 4 Kommentaar

Graad R is Ma se eerste “skooljaar”

Graad R het iewers verdraai geraak. Om een of ander rede glo die algemene man op straat dat dit al ‘n verpligte skool jaar is. Iets wat dit nog glad nie is nie. As julle besluit het op tuisonderrig, ongeag of jou kind voorheen in ‘n kleuterskool was of nog altyd tuis was, is hierdie jou as ma (of pa) se jaar om jou kop rondom tuisonderrig te kry.
Categories: Graad R, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,,, | 11 Kommentaar

Ons 2014 hoogtepunte

So is nog ‘n jaar vinnig besig om leeg te hardloop. Die een, voel dit vir my, is in ‘n oogwink verby. Ek gaan lieg as ek sê dat dit ‘n jaar net van maanskyn en rose was. Met ‘n baba in die huis, wat nog die waarde van slaap moet ontdek, was ons klomp maar heel party dae verlep. Dankie tog dat ons nie die “school run” moes doen nie. Ek is nie so seker of ek dit sou oorleef het saam met die huiswerk en al die ander skool aktiwiteite nie. Ons kon gelukkig ons pas aanpas by almal se energie en konsentrasie vlakke.

Tog was selfs die min slaap ‘n seën. Ek het geleer dat ek meer kan ontspan. Dat my kinders meer leer as ek minder in meng. En dat liefde en aandag baie dinge reg toor. God se genade is genoeg vir vandag en more sal vir homself sorg.

Maar terug na al die hoogtepunte wat ek wil deel. Ons 7-jarige het die jaar afgeskop met sy eerste 200 stuk legkaart. Dit was nogal ‘n uitdaging vir hom. Nou net ‘n paar maande later vra hy dat ons saam ‘n 1500 stuk aanpak en so stuk stuk bou hy dit. Natuurlik kla hy aan die einde dat ek te veel gehelp het en ruk toe weer groot dele uit mekaar en bou dit oor! Hy het dit so geniet dat ons nog ‘n 1000 stuk uit haal. Die is nou al amper klaar en hy het die meeste daarvan self gebou.

2014-11-20-1865 Lees voort

Categories: Graad 1, Kunsvlyt, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,, | 8 Kommentaar

Oseaan tema

Ons het laas jaar begin om soort van in temas te werk. Ek se soort van, want ons lees tussen in sommer ook tonne ander heerlike stories en doen interessante dinge wat ons op afkom. Dikwels kies ek die tema oor iets waarin die 2 op daardie stadium belangstel. Soms vind ek bloot iets interessant in die biblioteek en werk van daar af verder.

Ek moet eerlik wees, ek sou heel verlore gewees het sonder ons biblioteek en die internet. Daar is net soveel idees, boeke en werksvelle beskikbaar dat die probleem gewoonlik eerder is van wat om te doen en wat om te los. Lees voort

Categories: Kunsvlyt, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,,, | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.