Ons het laas jaar begin om soort van in temas te werk. Ek se soort van, want ons lees tussen in sommer ook tonne ander heerlike stories en doen interessante dinge wat ons op afkom. Dikwels kies ek die tema oor iets waarin die 2 op daardie stadium belangstel. Soms vind ek bloot iets interessant in die biblioteek en werk van daar af verder.
Ek moet eerlik wees, ek sou heel verlore gewees het sonder ons biblioteek en die internet. Daar is net soveel idees, boeke en werksvelle beskikbaar dat die probleem gewoonlik eerder is van wat om te doen en wat om te los.
Ek sou graag met julle al ons temas wou deel, maar of ek ooit daarby gaan uit kom weet nugter. Hier is egter solank een oor lewe in oseane wat hulle vreeslik geniet het.
Boeke met interessante feite wat die 2 baie geniet het was:
Looking at Minibeasts: Crabs and Crustaceans
Wat weeg ‘n walvis – Jaco Jacobs
Haaie – vrae en antwoorde
Oseaan – ‘n wêreld van ontdekking
Onder die see – kabouterfeite
Happende Haaie – kabouterfeite
Vir oulike werksvelle (daar is hope meer as die 3 skakels!):
Van inkleurprente tot wiskunde: http://www.aquarium.co.za/kids/fun_games/ Wiskunde werksvelle http://www.kidzone.ws/math/ocean/index.htm
Getal werksvelle met ‘n oseaan tema: http://www.kidzone.ws/math/kindergarten.htm
Die kinders (veral ons oudste) was ook gek daaroor om “Dolphin Tale” te kyk. En natuurlik die episodes van Planet Earth oor lewe onder die water (hulle is gek oor al David Attenborough se DVD’s)
Ons het sand prente (SandArt) gemaak van see diere en ‘n akwarium in ‘n glas fles gemaak. Dit was ‘n heerlike inkleur en knip aktiwiteit.
1 Response
[…] uitneem en dan kies ek ‘n paar boeke oor ‘n tema. Sover het ons die jaar insekte en seelewe behandel. Ek dink my gunsteling plek is die biblioteek op die oomblik. Daar sonder sou ek dit nie […]