1
15 August 2013
Share

Dis altyd interessant om te sien hoe baie die woelwaters ‘n eenvoudig eksperiment geniet. Ek het onlangs die idee van ‘n digtheid eksperiment raak geloop by http://funadventureforboys.com/2012/09/10/encourage-a-curious-mind-with-this-simple-kids-science-experiment-at-home/. Dis so maklik en hulle was mal daaroor.

Dis ‘n basiese dryf of sink eksperiment met 3 lae. Eers gooi jy heuning, dan water en laaste olie. Die idee is om te kyk wat dryf of sink en op watter laag dryf dit. Ons het begin met ‘n paar basiese goed, maar die goed wat hulle in gegooi het het vinnig meer en meer geraak. Voor die tyd moes hulle eers raai wat gaan waar gaan dryf. Verbasend genoeg het hulle nogal ‘n goeie idee gehad wat gaan met wat gebeur.

So saam met dit het ek basies verduidelik wat digtheid en ‘n bietjie van oppervlak spanning.

Fujifilm4

Ons resultate het so gelyk:

digtheid eksperiment