Posts Tagged With: voorskool eksperimente

Digtheid eksperiment

Dis altyd interessant om te sien hoe baie die woelwaters ‘n eenvoudig eksperiment geniet. Ek het onlangs die idee van ‘n digtheid eksperiment raak geloop by http://funadventureforboys.com/2012/09/10/encourage-a-curious-mind-with-this-simple-kids-science-experiment-at-home/. Dis so maklik en hulle was mal daaroor.

Dis ‘n basiese dryf of sink eksperiment met 3 lae. Eers gooi jy heuning, dan water en laaste olie. Die idee is om te kyk wat dryf of sink en op watter laag dryf dit. Ons het begin met ‘n paar basiese goed, maar die goed wat hulle in gegooi het het vinnig meer en meer geraak. Voor die tyd moes hulle eers raai wat gaan waar gaan dryf. Verbasend genoeg het hulle nogal ‘n goeie idee gehad wat gaan met wat gebeur. Lees voort

Categories: Die woelwaters, Eksperimente, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , | 1 Kommentaar

Prettige eksperimente

Ek was taamlik stil die laaste maande. Dit is nie omdat hier niks in ons klein wêreld aan gegaan het nie. Hierdie swanger ma het net die blog op sy gestoot. Ons het egter ‘n hele paar lekker dinge gedoen in die tyd, wat ek net so vinnig (opsommend) wil deel. Onder andere ‘n klompie prettige eksperimente.

Doplose eier

Ons het ‘n eier in asyn laat lê vir ‘n dag. Die kinders was gefassineerd om te sien hoe die hele dop oplos en net ‘n sagte rubberagtige eier oor bly. Die interessantste vir my was dat die doplose eier heelwat groter as die oorspronklike eier was.

Fujifilm2 Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Eksperimente, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.