Ek was taamlik stil die laaste maande. Dit is nie omdat hier niks in ons klein wêreld aan gegaan het nie. Hierdie swanger ma het net die blog op sy gestoot. Ons het egter ‘n hele paar lekker dinge gedoen in die tyd, wat ek net so vinnig (opsommend) wil deel. Onder andere ‘n klompie prettige eksperimente.
Doplose eier
Ons het ‘n eier in asyn laat lê vir ‘n dag. Die kinders was gefassineerd om te sien hoe die hele dop oplos en net ‘n sagte rubberagtige eier oor bly. Die interessantste vir my was dat die doplose eier heelwat groter as die oorspronklike eier was.
Ink strepe
Met koukiepenne het ons kolle op ‘n servet geteken en die servet se onder punt toe in water laat week. Die water wat in die servet optrek maak oulike patrone.
Kleur pad
Nog ‘n lekker kleur eksperiment was om rooi kleursel in een bakkie te plaas, dan ‘n leë bakkie te hê en dan een met geel kleursel (enige kleur kombinasie kan werk). Plaas dan repe/stroke kombuisrol of servet tussen die 3 bakkies en kyk hoe die kleure ‘n pad daaroor loop.
Jel balletjies
Ek het al dikwels van “waterbeads” gelees, maar self dit nog nooit iewers raak geloop nie. Ek kry toe die jel balletjies (eintlik bedoel vir blompotte) in die hande. Die kinders was gefassineer om te sien hoe die piepklein, harde balletjies binne ure groei en jellierig word. Hulle het al ure se pret gehad om met die te speel.
1 Response
[…] gekyk hoe die “blom kos” groei. Die keer het ek blokkies daarvan raak geloop en nie die klein balletjies […]