Posts Tagged With: aktiwiteite

Digitale produkte

Die Somme(r) Pret Reeks is nou digitaal in PDF beskikbaar. Tesame met wiskunde pret pakke en die inkleur verhaal van Kolle-kuiken, die kolganskuiken wat ons groot maak.

Die katalogus met bestelvorm is hier beskikbaar: lomi-katalogus of stuur ‘n e-pos aan info@lomi.co.za

sommer-pretDie Somme(r) Pret-reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op ‘n prettige wyse in te oefen.

Wiskunde hoef nie vervelig te wees nie!!!

Gryp ‘n potlood, inkleurkryte en ‘n dobbelsteen en kom leer sommer so speel-speel!

30 wiskunde aktiwiteitsbladsye met antwoorde ingesluit (buiten in Somme(r) Pret Begin)

Prys: R40 elk Lees voort

Categories: Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Geheime kode

Ek sien vanmore die idee van geheime kodes maak en toe moet ons dit net vandag doen! My knaap is immers versot op geheime kodes en enige iets wat net naby bende-agtig klink. En ek is versot op enige aktiwiteit wat somme, lees en skryf sommer saam kombineer!

iPhone19

Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,,,,,,,,,, | 2 Kommentaar

Ons leer van bekering

Hierdie blyk toe om ‘n jaar te word waarop ons fokus op Dawid. En Dawid het so baie om vir ons te leer. Nie omdat hy perfek was nie, maar juis omdat hy ‘n mens net soos ons was. Wel miskien in ons terme juis meer sondig as baie van ons. En tog was hy ‘n man na God se hart, omdat hy verstaan het dat sy sonde nie bloot ‘n oortreding van die wet was nie. Dat sy sonde God se hart geraak het.

Die verhaal van Dawid en Batseba kan ongelooflik baie vir kinders beteken. Veral oor wat bekering is. Lees voort

Categories: Gratis drukstukke, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,, | Lewer kommentaar

Weer skootboek

Ons is besig om meer te leer van die weer. Die meeste van die leer gebeur eintlik sommer so tussen ons dag se dinge deur. Ons identifiseer wolke en watter weer gewoonlik op hulle volg. Die kinders moet elke dag die weer op ‘n grafiek aandui. Weer en klimaat is so deel van die alledaagse dat mens dit dikwels nie eers oplet nie.

Daar is soveel heerlike dinge om van te leer oor die groot onderwerp. Ons het lank terug ook na weer gekyk en voorheen al ‘n weerkaart gehad.

iPhone10

Ek het meeste van die werksblaaie gekry by http://www.inallyoudo.net/?s=weather, http://www.3dinosaurs.com/wordpress/index.php/free-weather-pack/ en http://www.123homeschool4me.com/2012/04/free-weather-unit-for-ages-3-9.html.

Ek het ook ‘n Afrikaanse weer blokkiesraaisel en weer woordsoek geskep.

Ons gaan nog ‘n rukkie met die weer besig wees. Wie weet dalk volg daar later nog ietsie wat ons kan deel.

Loer gerus na die interessante video oor hoe wolke hul name gekry het.

Categories: Graad 1, Graad 3, Gratis drukstukke, skootboek, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 1 Kommentaar

Die kreatiewe muise

IMG_0376

Ek het die 2 ongelooflikse Usborn aktiwiteitsboeke by die biblioteek ontdek. En dit nog op die perfekte tyd, want die woelwaters is juis op die oomblik in die kreatiewe fase. Hulle is konstant besig om prente te teken of goedjies te maak. Ek het al redelik moed op gegee om te probeer om die eetkamertafel snipper-vry te kry. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 3, skootboek, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Aktiwiteits-boks

Ek het al ‘n hele klompie “busy bags” vir die kinders gemaak ook die jare (soos die vir wiskundeen letter erkenning). Dis handig om klein aktiwiteite te hê wat hulle van tyd tot tyd kan uithaal en weer mee speel.

Ek het egter nog niks vir ons jongste peuter gemaak nie. Toe ‘n ruk terug ontdek ek die oulike idee op die internet deur Mamiblock en ‘n kleinerige boks en besluit dit is tyd dat sy iets kry. Sommer handig om saam te vat op ‘n uitstappie ook.

iPhone6

Op die ou end het die ander kinders sommer saam gespeel. Ek vermoed ek gaan later nog ‘n paar van haar idees dief en nog aktiwiteitsbokse maak.

Categories: peuter, Uncategorized | Sleutelwoordw: , | 1 Kommentaar

15 dinge om te doen tydens ‘n vakansie tuis

Soms gebeur dit dat mens met Jan-tuis-bly-se-karretjie vakansie hou. Wel eintlik gebeur dit hier al te dikwels. Die een ding wat ek oor die laaste paar jaar geleer het is om daarteen te waak om vakansies net aan te gaan met ons gewone roetine.

Ons het nodig om vakansies iets anders te doen, anders raak die jaar en dae net te saai. Dit wat eers lekker was raak super vervelig. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoordw: , | 4 Kommentaar

Van magnete tot ontkiemende sade

Ek was uiters sleg daarmee om die kwartaal die blog op datum te hou. Tog wil ek ‘n vinnige oorsig gee van wat ons op Wetenskap Maandae gedoen het. Van die aktiwiteite/eksperimente het die 2 jariges saam gedoen. Terwyl ander net die kinders tussen 6 en 12 gedoen het.

HTC11.jpg

 

Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad R, Tuisonderrig, Uncategorized, Voorskool, Wetenskap Maandae | Sleutelwoordw: ,,,,,,,, | 1 Kommentaar

Inkleur lekkerte

Een van die lekkerste goed wat ons die jaar ontdek het was volwasse inkleurprente. My kinders wat nog nooit mal was oor inkleurboeke nie, is absoluut versot op die prente. Daar is soveel meer detail om in te kleur en te geniet.

Veral op reëndae kan ons vir ure sit en saam inkleur. Dit is net ‘n heerlike aktiwiteit om saam te doen. Selfs ouma het saam ingekleur toe sy hier gekuier het. Hulle hou ook daarvan om die prente met waterverf te verf.

Natuurlik wil kleinsus saam teken en haar sketse het al groot ongelukkigheid veroorsaak.

201553.jpg

Op hul wenslysie vir die jaar is Johanna Basford se Secret garden Inkleurboek. Ek is nog nie seker of ek dit vir hulle moet kry (of sommer net vir my self wil hou nie). Ons is versot op die detail van haar sketse en die verskuilde items wat daarin versteek is nie.

Categories: Alles in 'n dag, Kunsvlyt, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Somme hou my besig

Die laaste ruk is ek stil. Sien ek het hierdie mal perd opgesaal. Iewers in ‘n minder helder oomblik het ek besluit dat dit nou die tyd is om te begin werk aan ‘n wiskunde aktiwiteitsboek.

EIMAG1172-1k sit al so lank met die idee in my kop. My knaap is gek oor somme, maar haat dit om voor ‘n vervelige bladsy te sit en honderde van dieselfde ding oor en oor te doen. Gee hom egter iets wat dieselfde goed op ‘n prettiger manier doen en hy sal vir ure sit en daaraan werk. Lees voort

Categories: wiskunde | Sleutelwoordw: , | 7 Kommentaar

Blog at WordPress.com.