Posts Tagged With: aktiwiteite

Kringetjies-en-kruisie somme

Gister vind ek my 6 en 8 jarige pens en pootjies bo-op die tafel besig met ‘n speletjie. Ons knaap het ‘n nuwe speletjie uitgedink en die twee geniet hul gate uit.

Hulle moes eers vir my die speletjie verduidelik. Dit werk op die konsep van kringetjie-en-kruisies waar jy 3 in ‘n ry moet kry. Buiten dat vir die spel moet jy om die beurt op elke blokkie ‘n 1/2/3/4 skryf. Om ‘n ry vol te maak moet die som van die 3 getalle 10 wees. Hulle het ‘n hele bladsy vol van die “somme” gemaak voor ek hulle ontdek het. Wat ‘n vreugde as die oudste die jongste sommer leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad R, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , , | 4 Kommentaar

Waterverf papier in ‘n kits

‘n Ruk terug het ek op die idee afgekom om jou eie waterverf papier te maak. Dit is so eenvoudig en soveel pret. Dit was dus sommer ons kunstige Maandae projek.

201531 Lees voort

Categories: Kunsvlyt | Sleutelwoorde: , , , , , , | 2 Kommentaar

Stokkie en lekkergoed strukture

DSCF8796Vir vandag se wetenskap moes die kinders bietjie kreatief dink. Ek het vir hulle tandestokkies, mini marshmallows en jellietots gegee. Daarmee moes hul ‘n struktuur bou waarop ‘n boek kan lê. Hulle wou al gister begin toe hul hoor dis ons plan vir vandag, maar moes eers geduldig wag. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Graad 2, Graad R, Tuisonderrig, Wetenskap Maandae | Sleutelwoorde: , , , , , | 2 Kommentaar

Resensie: Pret met Fizzle fun

Therific Naturals het ‘n splinter nuwe produk uit gebring vir badtyd pret – Fizzle Fun. Ek kan nog nie mooi glo dat ons so gelukkig was om dit op die proef te stel nie. Miskien het hulle geweet dat my kinders niks kan weerstaan wat borrel en bruis nie. Ek het immers al telling verloor hoeveel keer ons variasies op die koeksoda en asyn ding moes doen.

Lees voort

Categories: kleuter, peuter, resensie | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

‘n Onvergeetlike eerste skooldag

Vir vele kinders skop die skool jaar af met eerste-skooldag-foto’s, nuwe skryfbehoeftes, nuwe onderwysers en vele meer. Op die tuisonderrig front lyk dinge egter effe anders. Al te dikwels is daar immers nie eers ‘n eerste dag van “skool” nie, want elke dag is nog ‘n dag vir leer en ontdek.

Tog is daar steeds vele maniere om die aanvang van die nuwe jaar te vier en mooi herinneringe te skep. In ons huis was die aanvang van 2014 ‘n groot hoogtepunt met ons oudste wat graad 1 begin het. Ons het die nuwe fase ingelyf met ‘n heerlike mors partytjie.

DSCF4605-1 Lees voort

Categories: Graad 1, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoorde: , , | 9 Kommentaar

2de Gesin Spele

2014-2

Twee jaar terug tydens die Olimpiese Spele het ons ons eerste Gesins Spele gehad. Die jaar was dit weer tyd vir die Statebond Spele en ons het vir ‘n week vasgenael gesit voor die TV om veral die gimnaste dop te hou. Ouboet was net so mal daaroor om die rolbal te kyk. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag | Sleutelwoorde: , , , , | 4 Kommentaar

Oseaan tema

Ons het laas jaar begin om soort van in temas te werk. Ek se soort van, want ons lees tussen in sommer ook tonne ander heerlike stories en doen interessante dinge wat ons op afkom. Dikwels kies ek die tema oor iets waarin die 2 op daardie stadium belangstel. Soms vind ek bloot iets interessant in die biblioteek en werk van daar af verder.

Ek moet eerlik wees, ek sou heel verlore gewees het sonder ons biblioteek en die internet. Daar is net soveel idees, boeke en werksvelle beskikbaar dat die probleem gewoonlik eerder is van wat om te doen en wat om te los. Lees voort

Categories: Kunsvlyt, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.