As jy al vir ‘n ruk hier lees, sal jy weet dat om my kinders te leer lees vir my die een groot tuisonderwys berg was! Genadig het ek ontdek dat dit nie so ‘n groot uitdaging is soos ek gedink het nie. Al wat kinders nodig het om bo baas lesers te word is die gereedskap (fonetiese klanke van die letters), ‘n liefde vir stories (wat gekweek word deur gereeld – lees daagliks – vir hul voor te lees) en tyd vir al die nodige vaardighede om in plek te val om klanke bymekaar te sit, sodat dit woorde en sinne kan word. Lees voort
resensie
Leer lees met Lieflik en Loflik
Resensie: Alles in een Termometer
Toe ons oudste gebore is was die opsies van koorspenne taamlik beperk. As jy nie bereid was om ‘n duur oortermometer te koop nie, moes jy spook om koors onder hul arm te meet. Of deur ‘n “dummy” wat hulle altyd spoeg, omdat hulle reeds goor voel. Of ‘n strokie wat jy net nie kan kry om op hul voorkop te bly nie.
My vreugde was groot toe my liewe moeder rondom die geboorte van ons tweede kind ons seën met ‘n digitale voorkop termometer – wat toe die nuwe “gadget” op die mark was. Na die vorige gespook was dit ‘n droom. Dit het egter ook sy eie paar uitdagings gehad. Veral om snags almal wakker te maak met ‘n lig, omdat jy nie die lesing kon sien in die donker nie. Tog was dit soveel makliker. My enigste werklik probleem was dat die model nie werk onder 14 grade Celsius kamertemperatuur nie. In die middel van die winter, juis wanneer die kinders gewoonlik siek word, kon my voorkop termometer dus gewoonlik nie koors meet nie! Dan was dit maar weer die gespook met die outydse termometers.
Resensie: Pret met Fizzle fun
Therific Naturals het ‘n splinter nuwe produk uit gebring vir badtyd pret – Fizzle Fun. Ek kan nog nie mooi glo dat ons so gelukkig was om dit op die proef te stel nie. Miskien het hulle geweet dat my kinders niks kan weerstaan wat borrel en bruis nie. Ek het immers al telling verloor hoeveel keer ons variasies op die koeksoda en asyn ding moes doen.
Resensie: Spa bederf tuis
Ek het met julle gedeel hoe baie die kinders die Kiddy-calm badsout geniet het. Dit is egter nie net hulle wat bederf is nie. Therific Naturals het ook vir my heerlike badsout en ‘n voet behandeling gestuur. Ek het weer besef dat mens eintlik gereeld ‘n tydjie moet maak om jouself te bederf. Dit doen jou siel so goed. En hoef nie ‘n fortuin te kos nie.
Resensie: Rustiger nagte saam met Kiddy-calm
‘n Paar jaar terug het ek op ‘n Kersmark die eerste keer die Kiddy-calm badsout raak gesien. Soos dit met klein kinders in die omtrek egter te dikwels gaan, het ek nie regtig in detail daarna gekyk nie. Dit het op daai lysie van my beland van goed wat ons iewers moet probeer, maar nooit by uitkom nie.
Toe kort gelede kom die geleentheid na my kant toe om die Therific Naturals produkte te beproef. Ek gaan snuffel toe rond op hul webwerf om meer uit te vind van hul produkte en skuif dadelik na die punt van my stoel. Na ‘n jaar en ‘n half van min slaap vang enige iets wat sê dat dit slaap patrone kan verbeter DADELIK my oog. 100%. Ek kan nie gou genoeg en entoesiasties genoeg my proefkonynskap bevestig nie. Ek moet die probeer. Ek is immers op die desperate fase waar ek waarskynlik al geklike dinge sal probeer vir ‘n nag se slaap.
Resensie: Swem in styl met Bambino Mio
Ek weet nie of julle weggooi swem doeke gebruik nie. Ek het jare terug net 1 pak gekoop en toe ook nie weer nie. Die doeke is so duur en my woelwaters was net te lewendig vir die goed. Dikwels was die kante klaar geskeur voor ek nog die doek aan hul boude gehad het. Of ek dink nog hulle speel mooi respektabel en dan hol hulle al vergete kaalbas rond! Ons het dus maar gespook met aaklige, grillerige oorvol weggooidoeke. Toe Bambino Mio my dus vra om hul nuutste swemdoeke op die proef te stel, kon ek nie vinnig genoeg “Ja” antwoord nie. Groot was die opwinding toe die pakkie met die aller fraai swemdoek hier afgelewer word. Dis eintlik ‘n skande vir ‘n doek om so mooi te lyk!!! Beste van alles is dat die “pink daisy” ontwerp te mooi by haar swemhempie pas. Lees voort
Resensie: Ontdek kos saam met NUK
Ek was nog altyd mal oor NUK se produkte. Toe ek dus hoor dat NUK ‘n splinter nuwe reeks produkte op die mark het en dat ek en Nien die voorreg gaan hê om van dit op die proef te stel, was ek vreeslik opgewonde. Dit het behoorlik soos ‘n verjaarsdag gevoel toe die pakkie, ewe mooi in ‘n NUK sak, hier af gelewer is. Ek moet net noem dat ek gek is oor hul verpakking. Geen mooi prentjie buite op ‘n boksie wat jou teleurgestel laat as jy dit eers oop gemaak het nie. Al die verpakking is deursigtig en jy kan duidelik sien wat jy gaan kry nog voor jy dit oopgemaak het. Lees voort
Resensie: NUK produkte
NUK was so gaaf om vir my hul nuwe Freestyle fopspeen en Baba bottel skoonmaakmiddel te stuur om uit te toets. Met die magdom menigte baba produkte daar buite is dit altyd handig om eers ‘n toetsloop te kan maak voor jy begin koop. Veral aangesien daar al weer 4 jaar verloop het vandat ons die baba-dril gedoen het. En glo my in daardie tyd het daar ‘n hele klomp nuwe produkte uitgekom (en van die oues is nie meer beskikbaar nie).