2

Leer lees met Lieflik en Loflik

30 August 2017
Share

As jy al vir ‘n ruk hier lees, sal jy weet dat om my kinders te leer lees vir my die een groot tuisonderwys berg was! Genadig het ek ontdek dat dit nie so ‘n groot uitdaging is soos ek gedink het nie. Al wat kinders nodig het om bo baas lesers te word is die gereedskap (fonetiese klanke van die letters), ‘n liefde vir stories (wat gekweek word deur gereeld – lees daagliks – vir hul voor te lees) en tyd vir al die nodige vaardighede om in plek te val om klanke bymekaar te sit, sodat dit woorde en sinne kan word.

Toe my oudste wou leer lees het ek ‘n oulike program ontdek ontwikkel deur ‘n tuisonderwys ma wat die konsep verstaan het. Die program het stories, liedjies en aktiwiteite gebruik om klanke vas te le. ‘n Wenresep!
Nou het nog ‘n tuisonderwys ma, Louise, die konsep gemoderniseer in haar nuwe program, Lieflik en Loflik! Sy gebruik dieselfde beginsels, maar kombineer dit met tegnologie wat beskikbaar is. Inplaas van ‘n dik leer is alles mooi saam gevat in ‘n MOOC (massive open online courses) waar jy stap gewys deur die aktiwiteite, video’s, stories en liedjies werk. Jy kan mooi sien hoe jul deur ‘n klank vorder en aan die einde van elke klank is daar ‘n sertifikaat wat jy vir jou kind(ers) kan druk.
Alhoewel my oudste 2 reeds volstoom aan die lees is en kleinsus (3) nog nie reg is vir klanke leer nie, het hulle al 3 die kursus wat ons gedoen het vreeslik geniet. Dit is wat ek geniet van produkte wat ontwikkel is deur ma’s wat verstaan dat ‘n huis nie net een ouderdom kind in het nie! Dit word ‘n gesinsaktiwiteit! As jy dus ‘n begin leser het, maar ook ouer of jonger kinders in die huis, is die ‘n heerlike program om te volg.
lieflik en loflik
Lieflik en loflik kombineer musiekwaardering, stories, liedjies, video’s en fyn- en grootmotoriese aktiwiteite om ‘n klank vas te lê. Die aktiwiteite is ingedeel in 5 dae (maar kan oor ‘n langer tydperk ook gedoen word). Een van die video’s het my meisiekind geïnspireer om self die letters te vorm. Ek moes egter ontdek toe ons die foto’s saam sit dat die c en u iewers verlore gegaan het.
Tans is die letters A, L, M en S beskikbaar teen slegs R 59.99 elk en Louise voeg gereeld ‘n nuwe letter by.