Uncategorized

Span Somme(r) Pret so in

Met my wiskunde bondel van 34 produkte wat ingesluit is in Oolfant se Januarie promosie het ek dit goed gedink om bietjie inligting te gee oor hoe om die beste die bondel te benut. Die bondel is ook op sy eie te koop, of koop ‘n meer spesifieke bondel vir ‘n graad of fase.

Promosie geldig tot 31 Januarie 2022

Dit maak nie saak wat jou benadering is of watter wiskunde program julle volg nie die produkte kan help om die pret weer terug in wiskunde te sit.

As jy ‘n bestaande wiskunde program gebruik kan die Somme(r) Pret produkte aanvullend wees of gebruik word om sekere leerareas te vervang om die vervelige herhaling uit te haal.

Vir die dapperes wat self beplan en dinge doen, kan die produkte vir die grondslagfase (graad R-3) net so gebruik word. Daar is hope werksblaaie en speletjies in wat ‘n lekkerder manier is om die konsepte in te oefen. Om dit in daardie geval in ‘n volledige wiskunde kurrikulum te omskep het jy nodig om ook prakties en konkreet met jou kind wiskunde te doen. Ontdek saam waar julle elke dag wiskunde gebruik soos tydens inkopies, bak en brou in die kombuis of bloot lekkergoed tussen ‘n groep te verdeel. Daar is baie geleentheid om dinge te tel, in groepe te tel of verdeel.

Vir graad 4 tot 7 is daar vir elke graad ‘n lekker pret-pak en verder hoofsaaklik speletjies om konsepte te oefen en ‘n opsomming van die belangrike begrippe vir die fase. Graad 4 tot 7 Wiskunde in ‘n Neutedop het al die konsepte en woordeskat wat jou kind moet baasraak voor hul hoërskool wiskunde aandurf. Alles lekker kompak in ‘n opsommende formaat. Dit is moontlik om op ‘n meer informele manier te werk en steeds dit alles te dek.

Baie van die werk in graad 4 tot 7 is herhaling om kinders te help om vlot en gemaklik basiese berekening vir optel, aftrek, maal en deel te kan ontwikkel. Werksvelle is nie die enigste manier om dit te vermag nie. Die Somme(r) Pret speletjies is ‘n lekker manier waarmee julle dieselfde kan bereik.

En natuurlik is praktiese organiese leer altyd bobaas, soek dus geleentheid om die kennis in te span. Die heel belangrikste is egter dat kinders die basiese begrippe verstaan. Om te verstaan wat maal is en nie net die maaltafels bloot te memoriseer nie. Dit is die konsepte wat hulle in die hoërskool gaan toepas en blote memorisering gaan hulle niks baat nie. Span Graad 4 tot 7 Wiskunde in ‘n Neutedop in om hulle te help om die woordeskat wat daarmee saam gaan te verstaan. Baie konsepte soos bv faktorisering is net ‘n uitbreiding van maal en deel.

Meeste mense verkies egter die veiligheidsnet van ‘n kurrikulum gebaseerde werksboek of produk as dit kom by wiskunde. Die goeie nuus is dat ek hopelik nog in die maand ‘n meer organiese grondslagfase program vrystel. Die bogenoemde produkte vir graad O tot 3 is ingesluit in die program saam met hope ekstra speletjies en aktiwiteite. As jy reeds van my graad O tot 3 produkte gekoop het, sal jy afslag kry op die program.

Vir graad 4 tot 7 is daar ‘n verskeidenheid wiskunde werkboeke op die mark wat ingespan kan word saam met die wiskunde bondel. Vir my eie kinders het ons aanvullend Kitsreken gebruik (hier teen graad 6 en 7). Dit was ‘n maklike manier om probleem areas te identifiseer en dan die speletjies en pretpakke in te span om meer aandag aan daardie area(s) te gee.

Maak nie saak wat ouers in span nie, hulle kan steeds die Somme(r) Pret speletjies en werksvelle gebruik om die vervelige herhaling te vervang en wiskunde prettig te maak. Dit is ook ideaal om in te span na ‘n lang vakansie om net weer die spinnerakke af te stof en ou konsepte te verfris.

Moet ook nie die ander heerlike produkte in Oolfant se Januarie promosie misloop nie!

Categories: Tuisonderrig, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , | Lewer kommentaar

Besige vakansie

Ek is baie agter om alles te deel wat ons laas jaar gedoen het. Hopelik kom ek nog daarby uit. Verlede jaar was ek baie besig om my grondslagfase wiskunde program reg te kry vir die mark. Vyf jaar se werk is stadig maar seker besig om tot ‘n einde te kom.

Hierdie vakansie is daar hard gespook om die transkripsie opnames en video’s te skep. Ja, ek is ‘n slawe drywer en moes baie gunste inroep om die program verbruikers vriendelik te kry. Dit terwyl meeste mense hul jaarlikse wegbreek gemaak het.

Ons vorder egter goed en, as die tegnologie saam speel, hoop ek om die platform teen die einde van die maand reg te hê vir gebruikers. Die een helfte van my is ongelooflik opgewonde en die ander helfte vreesbevange!

Ek moet begin om te sê dat die program beslis nie is vir diegene wat ‘n skedule soek wat vir jou elke dag se beplanning doen en jy bloot inval en dit doen nie. Ek glo daar is heelwat programme en verskaffers wat reeds produkte het om aan daardie behoefte te voldoen.

My program is daar vir mense wat hul kinders meer organies wil leer. Wat die vryheid wil hê om elke dag self in te rig en teen hul kind(ers) se eie pas te beweeg. Dit bied wel vir jou ‘n valskerm om te verseker dat jou kind al die nodige leerareas in wiskunde gedek het, maar dis jy wat bepaal wat wanneer gedoen word en of julle alles of net van dit gaan doen.

Die program volg ook nie ‘n spesifieke kurrikulum nie. Ek het deur 3 kurrikula gewerk en daaruit die leerareas gehaal om te verseker dat ‘n kind die basiese dek en vir die intermediêre fase na enige van die programme sal kan oorskuif. Die kurrikula waarna ek gekyk het is KABV (CAPS), die Amerikaanse Common Core en Britse Cambridge.

Die eerste deel van die program bemagtig ouers om hul kinders se wiskunde ontwikkeling beter te verstaan en te weet watter struikelblokke hulle voor moet uitkyk. Ek hoop dat dit die vrees uit wiskunde sal haal en dit ‘n meer toeganklike vak sal maak wat ouers en kinders saam kan geniet.

Daar is geen formele assessering ingesluit nie. Ek wys jou wel hoe jy op ‘n informele manier assessering kan doen om vas te stel hoe jou kind vorder en wat hul tot watter mate bemeester het.

Die program is ook nie papier gebaseer nie. Daar is nie bloot ‘n werkboek wat julle elke dag net mee kan aangaan nie. Daar is wel 172 prettige werkvelle wat julle kan inspan. Die hoof fokus is egter om deur aktiwiteite en speletjies wiskunde te ontdek en vas te lê. Die ouer gaan dus “hands-on” betrokke moet wees om waarde uit die program te kry. Jy gaan self kies watter aktiwiteit, speletjie of werkvel julle gaan inspan.

Die program is ook nie per graad beskikbaar nie. Dit is ‘n geheel van die 4 grade waaroor die grondslagfase strek. Die rede daarvoor is dat die leerareas ‘n geheel vorm en kinders dikwels nodig het om hersiening van ou konsepte te doen, maar ook die uitdaging van moeiliker konsepte geniet. Hulle hoef nie in ‘n graad vas gevang te word nie. Die bonus daarvan is dat kinders van verskillende ouderdomme in ‘n gesin saam kan leer. Alhoewel die program vir graad O tot 3 is is daar beslis aktiwiteite en speletjies wat aangepas kan word om ouer of jonger kinders ook in te sluit.

As jy egter ‘n ouer is wat op ‘n natuurlike manier saam met jou kinders leer en ontdek behoort julle die program te geniet.

Hou die spasie dop. Hopelik kan ek nog in Januarie die program vrystel.

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | Lewer kommentaar

Swart Vrydag Promosie

Oolfant se Swart Vrydag Promosie help jou hierdie jaar met ‘ʼn reeks produkte om jou eie leerplan saam te stel! Dit sluit ‘n heerlike 32-in-1 Somme(r) Pret wiskunde bondel in met produkte van voorskool tot graad 7.

Aanbod is geldig tot 30 November 2021

Dis wat jy alles kry:

1. Al drie oolfant se gesogte taalkursusse (15-Minuut-Afrikaans, Sinne wat sing, Kom ons skryf ʼn opstel) wat beteken jou taalwerk is gedek vir ten minste twee jaar

2. Twee bonuskursusse wat jou gaan help met spelling en om gedigte te geniet

3. Genoeg oefenwiskunde vir ʼn hele jaar met die komplimente van Somme(r)pret

4. Genoeg SA geskiedenis vir 6 maande danksy ʼn Geskiedenis Pretboek van Edusense

5. Genoeg stories wat hardop vir jou kinders voorgelees word vir 3 maande danksy ʼn gratis intekening by Luistervinkstories.

Dit beteken jy kan in Januarie wegtrek en dadelik jou eie ding begin doen. Sonder om verder te stres.
Klik hier om te gaan koop: http://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/3-in-1-afrikaans

Categories: Uncategorized | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Insekte kopieerboek

Die jaar wou my meisiekinders weer van insekte leer. Ek het eers kop gekrap, want omdat my kinders almal gogga mal is het ons al heelwat van insekte oor die jare geleer.

Uiteindelik het ek besluit om met hulle die insekte deel van Exploring Creation with Zoology 1: Flying Creatures of the Fifth day deur Fulbright te doen. Dit het ons die grootste deel van die jaar geneem om deur die 7 hoofstukke te werk. Hoofsaaklik omdat ons dit tweetalig gedoen het. Dit is vir my belangrik dat my kinders die terme ook in Afrikaans ken.

Wat ek hou van die boek is dat dit soos ‘n storie lees en klem lê op die hoe wonderlik God die natuur gemaak het. Ons het so baie nuwe wonderlike dinge van die klein gediertes om ons geleer.

In die proses het ek ‘n kopieerboek oor insekte begin skep vir my kinders. Kopieerboeke is ‘n lekker manier om taal, woordeskat en leestekens te oefen. En natuurlik pret te hê in die proses.

Insekte kopieerboek: Deel 1 fokus op Exploring Creation with Zoology 1: Flying Creatures of the Fifth day deur Fulbright se Lesse 1, 9, 10 en 1. Dit is propvol insekte inligting en woordeskat. Dit bevat onder andere teksverse, sowel as aktiwiteite soos doolhowe, teken, prente kopieer, patrone uitbrei, woordsoeke, ‘n blokkiesraaisel en inkleur. Temas wat gedek word is dierkunde, ‘n algemene insek terme, hul lewensiklusse, en leefstyl, asook sosiale insekte (miere, heuningbye, wespe en termiete.

Ek moes egter heelwat ander bronne inspan om al die Afrikaanse woorde te vertaal oa die Wêreldspektrum, Sasol se Eerste veldgids tot Insekte van Suider-Afrika en Google se e-verken Insekte.

David Attenboroughs se Conquest Of The Skies (Seisoen 1, Episode 1) het ook ongelooflike beeldmateriaal van insekte. (Die episode bevat wel evolusie teorie.)

Nog oulike bronne om in te span is Ontdek insekte en Insektopedie.

Om die kopieerboek te bestel gaan na Kopieerboeke.

Categories: Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Oolfant Swart Vrydag promosie

As jy nog kopkrap oor wat om volgende jaar te gebruik vir jou kinders het Oolfant ‘n sakpas aanbod wat jy nie moet misloop nie hierdie Swart Vrydag nie!

6 ongelooflike produkte in een om taal en skryf ‘n plesier te maak en jou te help om suksesvol tuisonderwys aan te pak. Marisa is ‘n ervare tuisskoolma wat haar jare se ervaring inspan om vir ander die pad makliker te maak.

Insluit in die aanbod:
Heerlike luisterstories van Luistervinkies vir 3 maande. Perfek vir die kinders om die voordeel van voorlees te hê en jou ‘n blaas kans te gee.

7 van my gewildste Somme(r) Pret produkte plus jou keuse van ‘n Somme(r) Pret e-boek en 2 graad spesifieke pretpakke. Perfek om wiskunde ‘n fees te maak in die nuwe jaar.

Daarby gaan Kieswetter Klaskamer jou wys hoe maklik dit is om jou kind(ers) te leer lees of skryf!

Met die pakket gaan jy dus als kry van leer lees/skryf in graad 1 tot hoe om voor te berei vir formele opstelle om ‘n skoolverlaters kwalifikasie te kry!

Dit als vir net R2999! Spring gou want die aanbod geld net tot 30 November!!! https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/die-hele-oolfant-2/

Categories: Uncategorized | Lewer kommentaar

Besigheidsbytjies

Afriforum het ‘n oulike kompetisie geloods om kinders se entrepreneurskap aan te moedig. Vir Besigheidsbytjies moes hulle ‘n besigheidsplan voorlê van ‘n besigheid wat hulle wil begin. Al die deelnemers het ook ‘n geskenkpakkie ontvang.

My oudste 2 het ingeskryf en ek dink dit was ‘n goeie ervaring vir hulle om deur al die stappe te gaan.

My knaap se inskrywing was Japtrap Groente waar hy groentetuin bokse vir mense wil insit. Dit vat al die dinkwerk en arbeid weg en sommer in ‘n kits kan jy groente uit jou eie tuin eet.

My meisiekind het haar Salomie se Storiehoekie ingeskryf waar sy haar luisterstories verkoop.

Tans kan die publiek stem vir die top 10, waarna beoordelaars die wenners sal kies. Indien julle vir my 2 se voorleggings wil stem kan jul gaan na www.besigheidsbytjies.co.za/project/intersenfase-28/ en www.besigheidsbytjies.co.za/project/intersenfase-8/.

Categories: Uncategorized | Lewer kommentaar

‘n Kykie in die Somme(r) Pret Produkte

Danksy my bitterlike oulike suster het ek nou ‘n video om julle ‘n kykie te gee wat my Somme(r) Pret produke behels.

Meer inligting oor die spesifieke produkte is beskikbaar by https://lomi.co.za/sommer-pret/. En blaai gerus verby die betaalde produkte, want daar onder is ‘n hele klompie gratis produkte ook. Net die ding om te help om die einde van die jaar wiskunde “blues” mee op te kikker.

Categories: Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | Lewer kommentaar

Aanlyn Tuisonderwys Ekspo Afrika 2020

Moenie die “Online Home Education Expo Africa 2020” misloop nie! Toegang is gratis, verniet, mahala, free. En jy kan enige tyd tussen die 13de en 17de Oktober deur die stalletjies kyk of na die praatjies luister. Daar is ook werkswinkels waarby jy op spesifieke tye kan inskakel.

Kom loer by die Lomi: Somme(r) Pret / Number Ad(d)venture stalletjie in. As jy nog altyd gewonder het oor my produkte, kom loer na die splinter nuwe videos om my produkte bekend te stel. Of gaan luister na my praatjie oor Wiskunde in Afrikaans en vind onder andere uit hoekom kinders juis wiskunde in hul moedertaal beter bemeester.

pret-met-getalle-vNS. En snuffel deur my stalletjie, iewers is ‘n promosie kode verskuil waarmee jy “Pret met Getalle” gratis kan kry wanneer jy van my ander produkte bestel.

Categories: Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | Lewer kommentaar

Die Storiehoekie

Ek was stil die laaste tyd. Gedeeltelik is dit omdat my kreatiwiteit laag was en gedeeltelik omdat my 11 jarige my rekenaar oorgeneem het.

Sy droom daarvan om eendag soos Laura Ingles Wilder te kan skryf en het in lockdown begin om stories te skryf. Die eerste storie het sy neergeskryf en toe oorgetik, maar daarna het sy die stories van die begin af getik. Dit was ‘n pynlike stadige proses, tog begin sy stelselmatig vinniger tik.

IMG_1326IMG_1326

Ek moet sê haar spelling verstom my. Ek het altyd geweet sy spel goed, maar nooit besef hoe goed nie! Ons sal beslis egter nog bietjie moet werk aan leesteken gebruik!

Elkeen van die stories het ook ‘n prent (of twee) bygekry wat sy in GIMP geredigeer het. Wat natuurlik nóg tyd op my rekenaar in beslag geneem het.

En tussen deur het sy liedjies begin skryf om by die stories te pas. (Ja, julle mag maar met my ore simpatiseer!). Sy skryf ook in die tyd Lockdown is Awful. (https://web.facebook.com/100110371788965/videos/716389355881950/?t=0)

Sy kry toe die plan om die stories te begin verkoop as luister- en leesstories. So skop die volgende fase toe af. Al die stories en liedjies moet opgeneem word. Met die redigering van die mp3’s moet ek nog help, maar ek vermoed een van die dae gaan sy die ook op haar eie baasraak.

Dit is alles tyd wat my rekenaar nie myne was nie. En net as ek dink ons is amper klaar met ‘n storie en kan dit begin verkoop (en ek weer my rekenaar terug eis), begin sy skryf aan nog een en wil net gou die ook klaar maak.

Intussen ontdek sy stories wat ek jare terug vir hulle geskryf het op die rekenaar en besluit die moet ook opgeneem en geïllustreer word.

Natuurlik kort sy ook ‘n kenteken en besluit om die uit klei te maak.

Na maande se swoeg en sweet (en hope nuwe dinge leer) het sy uiteindelik Salomie se Storiehoekie geskep. Julle kan gerus gaan luister na uittreksels uit haar skeppings by https://web.facebook.com/Salomie-se-Storiehoekie-100110371788965/.

Haar eerste kliënt was haar kleinsus wat een van haar stories gekoop het. Ek vermoed sy gaan nie juis baie kliënte hê in die huidige ekonomie nie, maar hierdie was so ‘n ongelooflike leerproses! En sy het hope pret gehad. Om nie te praat dat dit die laaaaang ure tuis korter help maak het.

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Voorlees is koning

Ek het met julle die audioboeke (luisterstories) gedeel wat ons inspan nou tydens die boekekrisis wat die inperking veroorsaak het.

Ons gebruik gereeld audioboeke. Dit het ongelooflik baie voordele. Eerstens help Engelse luisterstories om vir my kinders beter uitspraak van woorde te leer (moedertaalsprekers praat immers net anders). Ons kan dit in die motor luister of terwyl ons by aktiwiteite wag. En natuurlik spaar dit my stem, want my kinders se storie honger is groot. Ek kan bloot net nie altyd genoeg lees na hulle behoefte nie. Lees voort

Categories: Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.