Uncategorized

Grondslagfase produkte

Ek het reeds met julle gedeel watter produkte ek tans vir voorskool beskikbaar het. Vandag wil ek fokus op dit wat beskikbaar is vir graad 1 tot 3. Konkrete leer bly ongelooflik belangrik vir die ouderdom kinders. Moet dus nie te veel op werkvelle fokus nie en hou altyd apparaat (soos tellers, blokkies, krale) naby om mee te werk. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 2, Graad 3, Gratis drukstukke, Uncategorized, wiskunde | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Kinders en die Bybel

Seker ‘n goeie 6-7 jaar terug het ek met ‘n vriendin gepraat oor my frustrasies met Kinderbybels. Ek was toe al redelik moeg om dieselfde paar stories oor en oor vir my kinders te lees. Haar raad, waarvoor ek nou nog dankbaar is, was dat ek vir hulle uit die regte Bybel begin voorlees. Dat ek verbaas gaan wees oor hoeveel hulle wel verstaan. Lees voort

Categories: Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: | Lewer kommentaar

Karnivoriese kaktus

My knaap is versot op tuin maak en met die waterskaarste saam het baie van die tuin maak verskuif na vetplante. Hy het al vir ‘n klompie jare ‘n mooi versameling vetplante.

Die week blom een van die kaktusse vir die eerste keer. Ons hou nou al oor ‘n paar weke die blomkoppe dop en wonder hoe die blomme gaan lyk. Woensdag begroet die pragtige pienk blom ons. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

‘n Goeie ma is ‘n lui ma

Ek hoor al hoe van julle julle asems geskok intrek. Nee, ek bedoel nie ‘n goeie ma is ‘n “lady of leasure nie”. Maar ‘n goeie ma weet wanneer om “lui” te wees en haar kinders iets self te laat doen.

Om lewensvaardighede baas te raak het kinders nodig om dit te doen, om dit te oefen. Jy kan nie leer swem deur ‘n handleiding oor swemtegnieke te lees nie. Jy het nodig om in ‘n swembad te klim en te oefen om te swem. Gaan jy lê dat iemand jou opereer wat nog net ‘n mediese handboek gelees het daaroor? Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Ouerskap, Uncategorized | 2 Kommentaar

Voorskool produkte

So stadig maar seker groei die elektroniese produkte wat ek skep. Ek het gedink dit is dalk tyd om dit bietjie te orden en aan julle bekend te stel.

Vandag wil ek fokus op dit wat vir voorskool (voor graad 1) beskikbaar. Ek wil vir die ouderdomsgroep egter waarsku dat konkrete leer nog belangriker is as vir ouer kinders. Moenie te veel op werkvelle en by-die-tafel-leer fokus nie. Lees voort

Categories: Uncategorized, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

Simptoom of oorsaak

Oral waar ek deesdae kom hoor ek dieselfde storie. Dat kinders stelselmatig swakker motories geraak het oor die laaste klompie jare. Dat hulle nie meer liggaamsbewustheid het nie. Van onderwysers tot afrigters, terapeute tot dokters, almal tel dieselfde tendens op. En die probleem spoel oor na soveel ander gebiede: skoolgereedheid, konsentrasie, fynmotoriese vaardighede soos skryf ens.

Dikwels word die vinger gewys na skermtyd as die oorsaak van die probleem. Ek het egter ‘n vermoede dat skermtyd eintlik net die pleister, die medikasie is wat geplak word oor die eintlike probleem. Dis soos om ‘n panado te drink vir ‘n hoofpyn en dan te kla dat die panado jou hardlywig gemaak het. Die eintlik probleem was die hoofpyn. Die panado was die kitsoplossing om dit aan te spreek en het toe ongelukkig die newe-effek van hardlywigheid gehad. Lees voort

Categories: Ouerskap, Uncategorized | Sleutelwoorde: | 1 Kommentaar

Keuses

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat gure weer ons dikwels in die huis vasdruk. En dan is daar die pragtige sonskyndae soos vandag.

Dit is hierdie dae wat altyd ‘n twee stryd in my skep. Die kinders wil buite speel en in die tuin werk. Die sonskyn in drink. Maar dit was nie my plan vir die dag nie. Daar was werk wat gedoen moet word. Wiskunde en leer wat wag. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , | 1 Kommentaar

Ons 2018 hoogtepunte

Ek het lank gewik en weeg of ek die jaar ons hoogtepunte moet deel. Ek het net met te veel moedelose ma’s gepraat wat voel hulle het nie genoeg bereik die jaar nie. Toe besef ek dat ek elke jaar dieselfde voel. As mens elke dag met jou kinders werk sien jy dikwels nie al die groei so mooi raak nie. Dis gewoonlik eers as ek hier aan die einde van die jaar terug kyk oor die jaar dat ek besef hoe baie ons eintlik gedoen het.

En daarom het ek besluit om wel die te deel. Ek wil elkeen uitdaag om iets soortgelyk te doen vir hulle gesin. Vergeet van vergelyk met ander gesinne. Vier dit wat julle gesin die jaar gedoen het! En gaan loer gerus na die oulike video gemaak deur Marisa Haasbroek en Dr Dr Frank Müller oor 16 Beter maniere om vas te stel of jou kinders vorder .

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Graad 3, Graad 5, Uncategorized, Voorskool | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Leeslys van ‘n 11 jarige seun

Soos ek reeds genoem het is kinders se belangstellings en vaardighede baie verskillend, maar hier is die boeke wat ons knaap die jaar gelees het.

Dalk gee die ook ‘n bietjie hoop vir jul later lesers. Die knaap het eers op 8 1/2 begin lees en toe met so ‘n spoed weg getrek. Ek weet daar is bekommerde mamma’s wat selfs nog wakker lê oor hul 11 jarige knape, maar wees gerus as hulle eers wegspring haal hul in teen ‘n spoed wat jou asem weg slaan! Voorlees vir die laatlesers is beslis ‘n wenresep. Dit bly bou aan hul woordeskat en hul liefde vir stories, sodat wanneer hulle wel self begin lees hulle nie regtig agter is nie. Lees voort

Categories: Graad 5, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

Leeslys van ‘n 9 jarige dogter

Ek het laas jaar al genoem dat kinders se leesvaardigheid baie verskil, maar hier is die lys van die boeke wat ons 9jarige die jaar gelees het. Sy is ‘n lees monster en dis nogal uitdagend om genoeg ouderdom gepaste boeke op te spoor. So dalk kan hierdie ander ook help wat soek vir geskikte boeke vir hul boekwurms.

Buiten vir die klomp boeke wat sy deur gelees het is daar nog hope waaruit sy stukke gelees het. Sy het dikwels meer as een boek waaraan sy op ‘n tydstip lees en dan besluit sy sommer maklik as een oninteressant is om dit net te los.  Haar gunsteling Afrikaanse boek die jaar was Alba Bouwer se Trilogie van Rivierplaas en in Engels EB White se Charlotte’s Web. Lees voort

Categories: Graad 3, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

Blog at WordPress.com.