16 April 2020
Share

Dit is al 4 weke wat skool en ander aktiwiteit gesluit het vir kinders. Kinders sit dus al vir ‘n lank tyd tuis. Dit is ‘n baie ernstiger probleem as wat mense dalk besef.

Een van die groot uitdagings wat kinders immers deesdae het is dat hulle nie fisies sterk genoeg is vir formele leer nie. Dit is dus belangrik om maniere te vind om in die tyd tuis hulle aan die beweeg te kry / hou. Bietjie oefening help natuurlik ook om gemoedere te lig.

As jou kreatiwiteit al laag raak met hoe om dit reg te kry in die beperkte spasie wat julle beskikbaar het is hier vyf 1 minuut gesin fiksheid uitdagings. Daar’s min dinge wat kinders so baie geniet as om saam met ons dinge te doen (veral as hul saam kan lag vir ma en pa se onfiksheid!).

Hierdie oefeninge is opgestel sodat jy die minimum nodig het. ‘n Klein area, toiletpapierrolle, sagte speelgoed en iets waarmee jy ‘n streep kan maak (teken ‘n streep of gebruik ‘n tou of gordel).

Ek sal vir die volgende paar weke elke week 5 nuwe 1 minuut gesin fiksheid uitdagings laai. Probeer 1 ‘n dag of as jy dapper is ‘n paar. Belangrikste is geniet dit!